Bloemhof Dorp en Dam

About

Die Bloemhof Makietie word aangebied deur kykNET as viering van Bloemhof, wat in 2025 as wenner van die Dorp van die Jaar-kompetisie aangekondig is. kykNET nooi topkaliber kunstenaars om saam met die dorp fees te vier.

Bloemhof Dorp en Dam is ’n dinamiese gemeenskapsprojek wat daarop gemik is om positiewe verandering en ekonomiese groei in ons dorp te dryf. Wat as ’n droom begin het, het ontwikkel in ’n beweging – aangevuur deur ons deelname aan die Kwêla Dorp van die Jaar-kompetisie, wat die rimpel-effek van hoop en vooruitgang begin het.

Met die Kwela Makietie, een van die grootste plattelandse musiekfeeste in Sentraal-Suid-Afrika, wil ons nie net ’n dag van vermaak bied nie, maar ook ’n volhoubare impak skep wat wyd oor die land uitkring. Hierdie fees is ’n sleutelprojek in ons missie om Bloemhof op die kaart te plaas as ’n bekende landmerk op die N12, en om ons dorpsgemeenskap te versterk deur ekonomiese geleenthede, toerisme en betrokkenheid.

Contact info