BESTE VAN ALLE TYE

About

Beste Van Alle Tye is 'n satiriese blik op Afrikaner-wees in die 21ste eeu. Koegelenberg en Van Niekerk ontleed die politiese, maatskaplike, kulturele en absurde landskappe waarin Afrikaners/"Afrikaners"/Afrikaanssprekendes hulself bevind en uitleef. Van popmusiek tot piramideskemas, tafelgebede en 'n voorliefde vir die akuut - niks hier is heilig (of veilig) nie. Dié produksie is 'n karatewater-konkoksie van sketse, musiek, dans en parodieë. Beste Van Alle Tye is vir Kanna-toekennings genomineer vir beide Beste Aanbieding: Blitsteater en Beste Aanbieding: Komedie by die KKNK vir 2025.