BESTE VAN ALLE TYE
About
Beste Van Alle Tye is 'n satiriese blik op Afrikaner-wees in die 21ste eeu. Koegelenberg en Van Niekerk ontleed die politiese, maatskaplike, kulturele en absurde landskappe waarin Afrikaanssprekendes hulself bevind en uitleef. Van popmusiek tot piramideskemas, tafelgebede en 'n voorliefde vir die akuut - niks hier is heilig (of veilig) nie. Dié produksie is 'n karatewater-konkoksie van sketse, musiek, dans en parodieë."
Beste Van Alle Tye is vir Kanna-toekennings genomineer vir beide Beste Aanbieding: Komedie en Beste Ensemble by die KKNK vir 2026. Dié produksie is ook vir Beste Aanbieding: Blitsteater en Beste Aanbieding: Komedie by die KKNK vir 2025 genomineer.