DIE PATRIOT TEATER EN RESTAURANT
About
WELKOM BY DIE PATRIOT TEATER EN RESTAURANT
As jy die kosliefhebber is wat jouself meer as gereeld moet herinner om nie die hol kol op jou maag toe te maak met n pakkie ‘tandebreker’ biltong stokkies op pad na die volgende optrede toe nie, dan moet jy STOP!Besoek nou Die Patriot Teater Restaurant en ervaar die intimiteit van jou geliefkooste kunstenaar terwyl u smul aan een van ons baie bekostigbare disse te kies vanaf ons A la carte menu.
Die Patriot Teater Restaurant is gebasseer op dieselfde konsep wat sy sukses oor die afgelope 10 jaar by die Die Boer teater in Durbanville gewys het. Ek is bevoorreg genoeg om die eienaars Jurgen Human en Margit Meyer Rödenbeck, ook meer bekend as Dowwe Dolla, vir n geruime tydperk te ken. Na vele optredes by hulle teater, en met hulle toestemming natuurlik, poog ons om die konsep in die hartjie van Pretoria te kan voort sit. Die musiek industrie en uitvoerende kunste in geheel lê ons na aan die hart en daarom wil ons n platform skep vir alle tipe kunstenaars om by op te tree.