Vuurvliegie Akademie
About
Beste Karookind
Hiermee nooi ons jou hartlik uit om te kom deelneem aan ons Atletiekbyeenkoms op Saterdag 8 November vanaf 06:00 tot 13:00.
Waar gaan dit plaasvind?
By Niko Brummer se sportgronde in Beaufort-Wes.
Wie kan deelneem?
Leerders vanaf 4 jaar tot 17 jaar oud kan deelneem.
0/4, 0/5, 0/6, 0/7, 0/8, 0/9, 0/10, 0/11, 0/12, 0/13, 0/14, 0/15, 0/16, o/17, 0/18, 0/20.
Watter items gaan daar wees?
1. Afstande wat gehardloop word is 60m, 80m, 100m, 200m, 400m, 600m, 800m, 1200m, 1500m en 3000m
2. Gewigstoot
3. Spiesgooi
4. Verspring
5. Hoogspring
6. Aflosse (jy hoef nie in te skryf hiervoor nie. Dit vind spontaan na die dag plaas, almal van 0/8 tot 0/20 kan deelneem)
7. En dan nog vele pret aktiwiteite vir die kleuters.
INSKRYWINGS SLUIT 1ste NOVEMBER 2025. PROGRAM SAL DAN BESKIKBAAR WEES TEEN DIE 5de NOVEMBER.
Inskrywingsgeld per deelnemer is R100. Vuurvliegie/Karos Leerders en Satellietskole neem gratis deel.
Ouers en toeskouers is R20 per volwassene. Voorskool kinders is gratis.
Sodra hierdie vorm ingedien is, kan ons ongelukkig nie enige veranderinge aan die deelnemende items maak nie. Dankie vir u samewerking om hierdie dag vooraf te reël en te verseker dat u kind in die regte items deelneem. U sal op 5 November 'n program per WhatsApp ontvang.
Onthou, elke kind se besonderhede moet individueel ingevul word.
Ons sien uit daarna om die dag saam met julle te geniet!
Kontak my gerus indien daar enige verdere vrae is.
Selme-Louise
0848034630