Hettie Brittz

(14)

About

Het jy geweet dat mense wel met n handleiding kom?


Hulle unieke ontwerp is die handleiding!


In hierdie bygewerkte weergawe van die klassieke topverkoper Kweek Kinders met Karakter gebruik Hettie bome as ’n metafoor vir elke mens se besonderse potensiaal om te groei en vrugdraend te wees.

Hierdie gids help jou om jou en elkeen van jou kinders se inherente eienskappe (julle “Boomsoort”) te identifiseer, julle behoeftes te verstaan en vir elkeen ’n plekkie in die son te gee.

Kweek Kinders met Karakter beantwoord vrae soos:

• Is daar Boomsoorte wat beter is as ander?

• Wat kan my persoonlikheid verander?

• Wat as ek of my kinders twee of drie Bome gelyk is?

• Hoe gebruik ek as ouer of opvoeder temperamentkennis in my benadering tot kinders se geestesgesondheid, leerverskille, trauma, seksuele-identiteitvorming, skermverslawing en ander uitdagings?

• Wat het elkeen van my kinders nodig om volwasse te word?

• Hoe verstaan en geniet ek mense wat my teenpool is?

• Watter benadering tot dissipline sal my Boompies buig maar nie breek nie?





Reviews

5
from 14 reviews
"I absolutely loved it. Thank you Hettie and Team, your program is amazing!"
- Friedel
"Great experience and I learned a lot!"
- Liddy
"Hettie se sagte uitkyk op die lewe en op ons kinders was verrreikend! Baie dankie vir die "event"!"
- Marina
"So motivational thank you "
- Hettie
"The evening was very insightful and I have learned so much. One can clearly see the presenter have a passion for her work and are an expert on the topic presented. Maybe in future also remind the costumers on the tickets to look in their spam emails for the link to the event.....I remembered about this a few minutes too late and therefore missed the first few moments of the presentation. I really enjoyed the presentation thoroughly and recommended it to all my friends and colleagues. "
- Anonymous

Contact info