Tygerberg Sakekamer / Chamber of Commerce

About

Ons is 'n tak van die nasionale sakekamer wat bekend staan as die Afrikaanse Handelsinstituut of die AHI. Die AHI is 'n inklusiewe Afrikaanse sakekamer wat bestaan uit meer as 'n 100 individuele sakekamers oor Suid-Afrika en meer as 4,000 besighede verteenwoordig.

Ons hoofdoel

Die oogmerk van die Tygerberg Sakekamer is om die ekonomiese en besigheidsbelange van ons lede in die groter Tygerberg-area te bevorder.

Ons streef daarna om volhoubare voorspoed vir ons lede, belanghebbendes en gemeenskappe in die area te skep deur die Tygerberg-area te vestig as die "gekose besigheidsbestemming in die noordelike voorstede".

Dit kan egter slegs gebeur wanneer besighede in ons area binne 'n vryemarkstelsel floreer en werksgeleenthede deurlopend geskep kan word.
 

Die waardeproposisie van die AHI Tygerberg sluit in:

Inligting:
  • Ekonomiese vooruitskattings
  • Nuwe Wetgewing
  • Stad Kaapstad se beplanning vir 3 tot 5 jaar
  • Kontaknommers in geval van probleme
  • Persverklarings deur owerheidsinstansies
  • Relevante besigheidsinligting
Bemarkingsgeleenthede:
  • NETWERKGELEENTHEDE tydens ledevergaderings                                   
  • SPESIALE netwerkvergaderings
  • Advertensie geleentheid op ons webtuiste en Facebook bladsy
Onderhandelings en gespreks forums met:
  • Nasionale, Provinsiale en Plaaslike Owerhede
  • Staatsdiensleweringsdepartemente
  • Die Stad Kaapstad
  • Provinsiale Ministers
Gesagdraende kommunikasie met:
  • Owerhede
  • Diensleweringsagentskappe
  • Ander besigheidforums
  • Nuusblaaie
Opleiding en ontwikkeling in:
  • Entrepreneurskap
  • Bestuur en
  • Leierskap

Contact info