Jou Ma Se Platespeler by The Knoll, 6 Nov 2025
About
Daar is niks wat 'n kultuur meer bind as 'n goeie rugbywedstryd nie, behalwe sy musiek! In Jou Ma Se Platespeler kyk ons na Afrikaanse musiek deur die oe van die nederige platespeler, teen die agtergrond van veranderende musiek tegnologie en die veranderinge in ons land wat 'n nuwe stem aan Afrikaanse kunstenaars gegee het. Dis 'n lighartige verhaal van tegnologie, politiek, musiek en kultuur wat jou gaan laat lag en saam sing, miskien 'n paar trane trek, en defnitief jou herinner aan jou wonderjare!
Al die treffers sedert 1930 - jou ouma se plate, jou pa se kassette, jou klasmaat se CDs, jou kind se Spotify playlist... dis alles hier. Moet dit nie misloop nie!
And if you're English...this show will remind you how Afrikaans you are.
Sluit aan by Kristo Zondagh, Kerry Hiles en Rob Thompson in 'n twee uur viering van SA se beste Afrikaanse liedjies.
jy laat val die naald
die genesing loop deur jou are
die kamer begin draai
die wêreld vervaag...
Donderdag 6 November 2025
Vertoning begin om 7nm.
Kaartjies R120 elk.
Onvoorwaardelike sitplekke by tafels.
Daar is kos en drank beskikbaar.