Pretoria Sakekamer

About

PRETORIA SE TOEKOMS OP DIE SPYSKAART!

Die Partye het praat, Die Partye het belowe – MAAR wie gaan lewer?

Pretoria Sakekamer nooi jou uit na ’n dinamiese, lewendige en aktuele paneelbespreking oor die toekoms van ons geliefde stad, Pretoria!

Gaan die politieke partye hul beloftes gestand doen en werklik die verandering bring waarvoor Pretoria se inwoners en sakegemeenskap so lank wag?

Sluit by ons aan vir ’n boeiende paneelbespreking met verteenwoordigers van die Demokratiese Alliansie (DA) en die Vryheidsfront Plus (VF Plus), gefasiliteer deur Elmarie Yssel van Pretoria FM.

Die gesprek sal fokus op die politieke toekoms van Pretoria, die uitdagings waarvoor ons stad staan en, bowenal, die konkrete beloftes en planne om Pretoria weer ’n stad te maak waarop ons almal trots kan wees.

Besonderhede van die Geleentheid

Datum: Woensdag, 18 November 2026

Plek: Centurion-gholfklub

Registrasie: 07:45 – 8:00

Dit sluit ‘n heerlike buffetontbyt in!

Plek is beperk - bespreek vroegtydig jou kaartjie om terleurstelling te voorkom.