Bou Saam

About


Ons gemeente is besig om ’n nuwe bedieningsruimte in Sonheuwel te ontwikkel – ’n plek waar die gemeenskap kan saamkom, aanbid en geestelik groei.

Ons nooi jou uit om deel te word van hierdie geloofsreis deur ons “Bou Saam”-projek te ondersteun, waarmee ons fondse insamel om die terrein meer toeganklik te maak.

Elke bydrae, groot of klein, help om letterlik en figuurlik ’n stukkie van die pad te plavei:

• Borg ’n halwe vierkante meter – R200

• Borg ’n volle vierkante meter – R300

• Of borg ’n paar vierkante meter, soos jy kan

Saam plavei ons nie net ’n pad nie – ons baan die weg vir die Koninkryk van God en bou ’n nalatenskap vir die geslagte wat ná ons kom.

Word vandag deel van hierdie uitreik in ons omgewing.


Contact info