Klein Roosboom
About
"Bacchus Tot Bekker"
Dit is meer as net ‘n gewone teater produksie wat teater, leefstyl en storievertelling kombineer.
Die produksie is ongeveer 75 minute, met alombekende Amore Bekker van RSG faam, en regie deur Tobie Cronje. Dit beloof om die gehoor op 'n reis te neem deur die geskiedenis (en stories) van wyn deur middel van vertellings en musiek. Amore Bekker gaan ook vir die eerste keer haar sang talent tentoonstel in die produksie.
Die vertoning is ‘n kombinasie van geskiedenis en interessante feite van wyn, wat nie alombekend is nie, asook staaltjies en sketse. Na dese sal die gehoor met nuwe oë na wyn kyk.
In hierdie viering van die druppels van die druif ontmoet jy Bachus wat hierdie nektar mildelik met ons deel. Van Papsak tot Pinotage, Chardonnay tot Chenin Blanc, hierdie vertoning is 'n viering van die vreugde van wyn en goeie geselskap. Of jy nou 'n wynkenner is of bloot iemand wat 'n goeie glas waardeer, "Bacchus tot Bekker” is 'n vermaaklike en vreugdevolle ervaring wat jou met 'n nuwe waardering vir die kuns van wynmaak sal laat kyk.
A la carte spyskaart beskikbaar op die aand.
Kom deel 'n glasie (of twee). Prost!