ATKV tak PEAAT
About
MA SKRYF MATRIEK geskryf deur Louis de Villiers
Bella is keelvol om te hoor dat sy nie intellektuele gesprekke kan voer nie en besluit dat daar net een uitweg is - sy moet haar matriek kry! Haar man moet egter nie daarvan uitvind nie. Dit is immers hy wat haar so minderwaardig laat voel. Dit raak al hoe moeiliker om al haar daaglikse take saam met haar studies vol te hou.
Sake neem 'n ander wending wanneer 'n aantreklike Doktor Smal opdaag vir haar tuis klasse. Daar is ook nog die nuuskierige buurvrou, Lily, om mee tred te hou.
Kom kyk self hoe Bella al die balle in die lug probeer hou.