DF Akademie
About
Kom vind jou plek by DF!
Woon ons opedag by en sien wat ons bied – 'n plek vir almal om hulself te vind, te word en te wees!
Bespreek asb. 'n kaartjie vir elke persoon wat die geleentheid bywoon. (Dit sluit graad 6/7-leerder, mamma en/of pappa, boeties en sussies in.)
Ons het 2 sessies vir ons opedag.
Groep 1 - Bespreek jou kaartjies vir 16:00.
16:00 – Ons ontmoet mekaar by die pawiljoen en 'n begeleide skooltoer (kultuur- en sportaktiwiteite word hierby ingesluit) vind plaas.
18:00 – Ouers kom in die aktiwiteitsentrum bymekaar vir die inligtingsessie.
18:00 – Leerders is in die saal.
OF
Groep 2 - Bespreek jou kaartjies vir 18:00.
18:00 – Ouers kom in die aktiwiteitsentrum bymekaar vir die inligtingsessie.
18:00 – Leerders is in die saal.
18:45 – Na afloop van die inligtingsessie in die sentrum, vind 'n begeleide skooltoer (kultuur- en sportaktiwiteite word hierby ingesluit) plaas vir groep 2.
Jy bespreek slegs kaartjies vir 1 tydgleuf.
Kom vind jou plek by DF!