Lewende Woord Bloemfontein

About

Wat is meer kosbaar as die verhouding tussen ’n ma en haar dogter? By Lewende Woord Bloemfontein besef ons watter ongelooflike seën familie is en wil ons belê in jou gesin. Kom geniet 21 Oktober 2023 'n ma-en-dogterpiekniek saam met ons en kom ontdek God se storie oor jou lewe. 


In die Bybel kry ons 'n eerstehandse kykie na hoe God in mense se lewens werk. God het nie net gewerk in die lewe van Rebekka, Rahab, Ester, Rut en Maria nie … Hy is intens betrokke by jou en jou dogter(s) se storie.  


Kom kuier saam met ons en kom sien self hoe die Meesterskrywer jou storie skryf. Ons gaan heerlik saamkuier en ons kreatiwiteit vlerke gee. Daar gaan ook ’n springkasteel wees en ’n heerlike roomysbederf. 


Vir net R110 per persoon kan jy kom deel in die pret. 


Onthou, om jou gunstelingboek saam te bring en ook ’n kussing om op te sit.

Contact info