Fontainebleau Community Church

About

Joshua na die Reën ko tree op by Fontainebleau Gemeenskapsker op 26 September 2025.

Kom geniet 'n aand van wonderlike vermaak en heerlike kos.


Meer oor Joshua na die Reën



Jacques De Villiers, die skrywer en sanger beter bekend as JNDR, het in 2013 sy eerste album vrygestel wat twee Ghoema-toekennings, 'n Tempo-toekenning, asook 'n Woordfees-toekenning verower het. Hierdie toekennings was onder andere vir ‘Beste Kontemporêre Album deur 'n Manlike Kunstenaar’ en ‘Nuweling van die Jaar’.

Alhoewel hy nie musiek maak vir 'n spesifieke gehoor nie, maar eerder omdat musiek vir hom 'n manier is om die lewe te beleef en te beskryf, was hierdie toekennings 'n sweeftuig wat sy werk aan 'n groter gehoor bekend gestel het en wat nou al tien jaar lank en vier Albums later sy loopbaan ondersteun. Hy is dankbaar vir die lojale volgelinge van sy musiek.


Sy tweede album, ‘Die Wereld binne my’, het ook twee Ghoemas behaal asook 'n SAMA-toekenning. ‘Die wereld binne my’ is aangewys as die ‘Liedjie van die Jaar’ by die Ghoema-toekennings. Daarna stel hy ‘Someraarde’ vry in 2019, en in 2023 sy album ‘Die Vallei’, wat ook ‘n Aitsa-toekenning gewen het en genomineer was vir ‘n SAMA.

Hy het sy graad in Jazz Klavier voltooi by die TUT, en stel ook in sy ‘Live’ shows soms 'n paar jazz-werke ten toon.

In 2024 het hy ook 'n nuwe projek begin wat 'n hele nuwe styl aan sy musiek vlerke gee - 'n alternatiewe rock band, met die naam ‘JNDR Seuns van Vlug’, met die eerste musiek wat in Maart 2025 vrygestel is.


Contact info