NGK Weltevreden

About

Bespreek gerus jou plek vir Sondag se eredienste, JonkX en KiX-kerk hier!

Laai gerus die Covid-19 toegangsvorm hier af en voltooi dit vooraf om tyd te spaar.

Neem asseblief kennis van die volgende voorwaardes:

- Daar is slegs 250 sitplekke per erediens beskikbaar. Ons vra lidmate om asseblief vir nou, slegs vir een erediens per Sondag te bespreek. Gee asseblief vir ander lidmate ook ‘n geleentheid.
- Let asseblief daarop dat doopfamilies voorkeur kry by die 10:00 eredienste. Kontak vir Mari Hamman ([email protected]) in hierdie verband.
- Daar is 100 plekke per KiX-kerk geleentheid en 100 plekke vir JonkX beskikbaar elke week.
- Ons vra asseblief dat persone met ‘n hoër gesondheidsrisiko en persone wat vermoed hulle kan die Covid-19 virus oordra asseblief nie eredienste bywoon nie.

Elke persoon wat ‘n erediens of kategese bywoon moet asseblief die volgende onderneem:
Ek verstaan dat die NG Kerk Weltevreden voorkomende maatreëls ingestel het om die verspreiding van die Covid-19 virus te verminder. Ek besef egter dat daar altyd ‘n risiko is om in ‘n openbare byeenkoms aangesteek te word. Ek verstaan dat die risiko om blootgestel te word aan die virus die gevolg kan wees van die optrede, versuim of nalatigheid van myself of ander, insluitend, maar nie beperk tot personeel, ander gemeentelede en hul gesinne nie. Ek besoek vrywillig die erediens van NG Kerk Weltevreden al kan dit moontlik die risiko tot blootstelling aan Covid-19 verhoog.
 
Ek onderneem om die volgende regulasies na te kom:
  • Die toepassing van sosiale distansiëring
  • Die sit op aangeduide plekke in die kerkgebou (1.5m vanaf die volgende persoon)
  • Sanitering, neem van koors en die invul van die bywoningsregister
  • Geen sang word toegelaat nie.
  • Die gebruik van die ingange soos aangedui.
  • Ek sal betyds, 10 minute voor die begin van die betrokke erediens reeds my sitplek in die kerkgebou inneem.
  • Ek sal die hele tyd my masker dra.
  • Ek sal enige ander billike versoeke rondom die beperking van die verspreiding van die virus nakom.
Wees verseker van ons volgehoue voorbidding vir u, dat ons steeds beskikbaar is en net die beste belange van ons lidmate en gemeenskap op die hart dra.
 
Besoek ons Facebookblad of besoek ons webwerf (www.ngweltevreden.co.za) en registreer daar op ons WhatsApp groepe om die nuutste gemeentenuus en skakels na eredienste te ontvang.
 
Bly in kontak.  Wees veilig en bly gesond.
Lewe vir die Stad.
 
Leraars en Kerkraad van NG Weltevreden

 

Contact info