Sakeliga

About

WIE EN WAT IS SAKELIGA?

Sakeliga is ‘n onafhanklike gemeenskapsinstelling sonder winsoogmerk vir sakelui in die algemeen, maar klein- en mediumsakeondernemings in die besonder. Sakeliga het ‘n onafhanklike direksie wat bestaan uit senior sakelui uit verskillende sektore in die ekonomie. Sakeliga werk graag saam met ander gemeenskapsinstellings oor sake van gemeenskaplike belang.


 

By Sakeliga beywer ons onsself vir die volhoubare sukses van die sakesektor, deur ‘n gunstige sakeomgewing te bevorder, sakelui teen skadelike inmenging te beskerm en te streef na ‘n voorspoedige ekonomiese netwerk.

In kort, Sakeliga skep en beskerm die omgewing waarbinne die sakegemeenskap, en die gemeenskap in die breë sake doen. Ons baseer dit op ‘n vrye mark, konstitusionalisme, regverdigheid, volhoubaarheid en ‘n sterk gemeenskapswaardestelsel.

Ons benadering is gewortel in eeue se besigheidswaarhede, en word bevestig deur internasionale tendense en gevestigde sakepraktyke.

 

WAT IS ‘N SELFSTANDIGE SAKEGEMEENSKAP?

‘n Selfstandige sakegemeenskap is ‘n netwerk van sakelui en plaaslike sakegemeenskappe wat hulself reguleer, bestand is teen skadelike staatsinmenging, saamwerk om voorspoed te skep, en hul kapitaal kan mobiliseer om ‘n gunstige omgewing vir hulself en alle gemeenskappe waar hulle sake doen te verseker.

Contact info