Jou kaartjie lê en knor vir jou
FREE OPTIONS

Pistonperd Dag Jol

Sat Sep 12, 10:00 - Sat Sep 12, 23:30

Silverwater Game Lodge

ABOUT

Die Pistonperd Dag Jol is 'n geleentheid wat geskep is om fondse in te samel vir 'n nie-winsgewende skool in Carolina.


Die privaatskool ontvang geen subsidie van die Staat af nie en is slegs afhanklik van skenkings en skoolfonds om bedryfskostes te dek. 


Sit jou voet in die stiebeuls en hou my Sanna vas...


Groet die stadsrook en -geraas en volg in die spore van trekkers Piet Retief en Hendrik Potgieter. Vat die pad na Silverwater Game Lodge waar die mak bokke uit jou hande uit eet.


Kom geniet 'n skapie op die spit, aangename vermaak, heerlike geselskap en die pragtige Hoëveld natuurskoon.


Neem as klub of individu deel aan ons Boere-biker sport en staan 'n kans om 'n wildsbok te wen.


Bespreek gerus by Silverwater game lodge vir die hele naweek.

DIRECTIONS

Pistonperd Dag Jol
Silverwater Game Lodge
Bethal
Get Directions