Donkernagpantoen @ Cherry House

Sat Oct 26, 19:00 - Sat Oct 26, 20:30

Cherry House

ABOUT

Coffee Snobs hou huiskonsert!

By 'n pragtige huis in die bekorende strate van George skep ons 'n intieme atmosfeer en hou konsert.

Kaartjies: R120

Die sensuele musiekpaar, Coffee Snobs in samewerking met die bekroonde skrywer/digter Riana Scheepers neem die gehoor op ‘n liriese reis van uitsonderlike digvorme.

Donkernagpantoen - Die reis van vers na liriek wys op ‘n opwindende

manier hoe tradisionele digterlike vorme deur musikale verwerking nuwe dimensies van skoonheid, ontroering en verwondering verkry.

Die genres wat getoonset en gesing word, is onder meer die enigmatiese pantoen, ‘n meesleurende wiegelied en ‘n broeiende vilanelle - en vir afwisseling, ‘n tranetrekkende smartlap en ‘n outentieke Kaapse moppie.

Ander digvorme wat ook opgevoer word, is ‘n ode, ballade, parodie en ‘n lament.

Die doel van die produksie is drie-ledig: Nie net word pragtige musiek en liriek van ‘n uitmuntende gehalte aan die gehoor bekend gestel nie, maar bykans vergete digvorme soos die pantoen,

vilanelle en sestina word opnuut in die kollig gestel.

Donkernagpantoen bewys dat hierdie “argaïese” digvorme steeds vars, modern en vonkelend is – en by uitstek geskik om gesing te word.

DIRECTIONS

Donkernagpantoen @ Cherry House
Cherry House
4 Cherry Ave, Heatherlands, George, 6529
Get Directions