Oesjaar
Fri Nov 1, 18:00 - Fri Nov 1, 19:30
Limpopo Theatre Hall
ABOUT
Oesjaar
Jannie du Toit, Susan Mouton, Theuns Botha en Chanie Jonker
Genre: Contemporary and Classical
Language: Afrikaans
Venue: Limpopo Theatre Hall
Time: 18H00
Price: R 150.00
Lucas Maree left us a treasure chest of stories, ideals, wisdom and dreams. His lyrics and music offer a great opportunity for artists to renew and give new interpretation to his music, which Jannie du Toit and Thean Kotze succeed in doing with great respect and flair…
In Afrikaans:
OESJAAR 2018 – al die liedjies uit Jannie se pen en saam daarmee ’n “konsert” met dieselfde titel.
In die verhoogproduksie vertel en sing Jannie oor sy musiekloopbaan: van die wingerd wat hy persent gekry het – “hierdie wingerd is my gawe, my pasella reg van bo, hierdie wingerd daag my uit om hard te werk en vas te glo”. Hy sing oor ’n geseënde oesjaar, oor die musieklegende Christa Steyn met wie hy 25 jaar saamgewerk het, oor ’n legendariese koffiewinkel in sy voorstad, Melville en oor die passie wat ’n kunstenaar dryf om nooit op te hou skep en sing nie. Die lied Ons soek ’n tata is opgedra aan een van sy grootste helde, Madiba en liedjies soos Skilder van die wolke en Lig en donker is egte credo’s waarin hy sy siel ontbloot. Jannie het ook ’n liefdeslied geskryf vir sy vrou Therina, met wie hy in die uitsonderlike goeie oesjaar getroud is: “Jy kyk sag”. In die verhoogproduksie voeg die tromspeler Theuns Botha hom by Jannie se gevestigde ensemble: Susan Mouton (tjello) en Chanie Jonker (klavier en akkordeon).
Jannie verleen ’n boeiende interpretasie en vertolking aan sy poëtiese oes, van 2018 én vroeër: tydloos. Deurwintering en vernuwing versnit in kreatiewe integriteit.
(Vrouekeur 28 Desember 2018)