Learning Community 1 Augustus 2019

Thu Aug 1, 09:00 - Thu Aug 1, 15:00

King Price

ABOUT

Ekerk is trots om 'n volgende Learning Community aan te bied. Ons Learning Communities is geleenthede om saam te luister, te leer en kuier met die fokus om ons geloof en bedienings te versterk. Hierdie Learning Community seminare is ook geakkrediteer om VBO en PCD punte toe te ken.

Ekerk bied op 1 Augustus 2019 by Mosaïek Gemeente in Fairlands so 'n geleentheid aan waar ons gaan gesels oor "Kreatiwiteit = nuwe lewe = vars geloof". Lees meer en registreer vir die geleentheid hieronder of kontak vir [email protected] om meer uit te vind.

Meer oor die dag:

Die ekerk Learning Community is 'n leer geleentheid wat spesifiek bedoel is vir geestelike leiers wat meer wil leer binne die konteks van gesprek, gemeenskap en geloofwaardige bronne. Vir hierdie geleentheid fokus ons op kreatiwiteit. Om meer spesifiek te wees gaan ons kyk na die belangrike rol wat kreatiwiteit in ons geloof en bediening speel. Kreatiwiteit lei tot 'n nuwe lewe en 'n vars geloof!

Ons gaan dit doen onder andere deur te kyk na hoe kreatiwiteit moontlik kan lyk in 'n tyd van onverkende waters in Suid Afrika en hoe belangrik 'n kultuur van kreatiwiteit is in 'n gemeente asook hoe dit gekweek kan word. Ons gaan hierdie tema ondersoek vanuit ‘n Bybelse perspektief, gemeentebou konteks asook vanuit 'n korporatiewe invalshoek. Stephan Joubert gaan met ons gesels oor "Create, Elevate, Celebrate!" - Kreatiewe geloof in aksie! Hy gaan na kreatiwiteit vanuit die Bybel kyk en vra hoe dit van toepassing is in die uitleef van ons geloof. Dan is ons baie opgewonde om vir Gideon Galloway as ons gas te hê die dag. Hy is die CEO van King Price en hy gaan met ons kom deel hoe hulle as King Price die kreatiewe proses loop vanuit 'n korporatiewe invalshoek asook hoe hy kreatitwiteit sien, bestuur, aanmoedig en ervaar. Gideon dryf King Price met onder andere ‘n waarde van kreatiwiteit en ons sien baie uit dat hy sy wysheid met ons kom deel. Roedolf Botha gaan ook met ons gesels oor Verbeeldingryke Geloof; hoe belangrike kreatiwiteit is in ons geloof en die kerk. 

Waar: Mosaïek Gemeente, Fairlands

Wanneer: 1 Augustus 2019

Tyd: 9:00-15:30 

Tema: Kreatiwiteit = nuwe lewe = vars geloof

Koste: R300 pp (sluit middagete in)

Sprekers vir die dag:

  • Gideon Galloway (CEO van King Price)
  • Stephan Joubert (skrywer, teoloog, ekerk).
  • Roedolf Botha (leraar, kerkplanter)

DIRECTIONS

Learning Community 1 Augustus 2019
King Price
1 Danielle St, Fairland, Randburg, 2030
Get Directions