FREE OPTIONS

Eiendom en die samelewing - 'n ekonomiese, juridiese en filosofiese besinning

Thu Apr 4, 08:00 - Thu Apr 4, 13:00

Sakeliga

ABOUT


Eiendom en die samelewing

'n ekonomiese, juridiese en filosofiese besinning 


Sakeliga het verlede jaar tydens ons spitsberaad oor Onteiening Sonder Vergoedig die ondersteuning van verskeie organisasies bekom om ‘n deklarasie oor eiendomsreg te ontwikkel. Die bedoeling is om ‘n rigtinggewende dokument, met baie diep wortels, vir openbare ondersteuning daar te stel – dit is egter nie ‘n eenvoudige taak nie. Ons hou daarom eersdaags ‘n klein seminaar waar ons dieper as ooit in hierdie debat oor die verband tussen eiendom en samelewing wil besin. Ons doen dit met drie diepgaande sprekers, naamlik



  • ‘n Perspektief uit die filosofie: Prof Danie Goosen, professor in filosofie en akademiese hoof van Akademia
  • ‘n Perspektief uit die reg: Prof Koos Malan, professor in publiekreg aan die Universiteit Pretoria
  • ‘n Perspektief uit die ekonomie: Russell Lamberti, stigter en hoof van ETM Macro Advisors

 

Die seminaar is bedoel as ‘n ernstige besinning en ek wil jou graag nooi om daaraan deel te neem. Elkeen van die sprekers sal hul voorleggings in sowat 30 – 40 minute doen, waarna ons graag deelname uit die gehoor versoek.



Funksiebesonderhede

Donderdag, 4 April 2019, 08:00 – 13:00 

Plek: Sakeliga Hoofkantoor, 117 Gerhard St, Die Hoewes, Centurion, 0163 

Toegang: Gratis 




DIRECTIONS

Eiendom en die samelewing - 'n ekonomiese, juridiese en filosofiese besinning
Sakeliga
109 Gerhard St, Die Hoewes, Centurion, 0163
Get Directions