Jan Blohm live @ The Music Kitchen PE Fri 10th May 2019

Fri May 10, 19:30 - Fri May 10, 22:30

The Music Kitchen PE

ABOUT

Jan Blohm Live @ The Music Kitchen

Date: Fri 10th May 2019

Time: 19:30

Tickets: R150

All seating is allocated and you will be given a table number at the door


Delicious food and full bar vailable


JAN BLOHM


Wanneer jy al als in die lewe probeer en ervaar het. Wanneer jou pelgrimstogte deurgetrap is en jou kruispaaie, deurkruis is. Wanneer jy selfs die hardste edelgesteentes en Ruby’s van die verlede deurkou het en jy vrede gemaak het met met jou verlede en wat die wêreld daarbuite van jou dink. Wanneer jy jou lisensie gekry het vir selfaanvaarding, eers dan, dan ervaar die rykdom wat elke mens so na smag; Die Liefde.

Die Liefde Album is Jan Blohm se nuutste vrystelling na ses jaar, maar is nie gevul met heuning-lirieke wat drup nie, maar eerder die rou, eerlike waarheid wat nét Jan kan vasmessel in ‘n album gevul Blues, Rock & Poëtry.

Dié rebelseun wat ons leer ken het, is nou ouer en meer volwasse. ‘n Jan wat glo dat in die tye waarin ons tans leef, LIEFDE al is wat die wêreld nou nodig het. Dít kan jy hoor in sy lirieke, sy passie in die stiltes tussen woorde, terwyl sy eerlike, rou akoestiese melodië jou hartsnare pluk net soos die sterk kitaargedrewe Liefde-album homself.


Jan glo nie aan tweedehandse liefde nie en glo liefde is ‘n doen-ding, nie ‘n sê-ding. Juis waaroor hy ook respektiewelik hierdie album opgeneem het waar die musikante gelyktydig gespeel het tydens die opnames en hy glo dit die hartklop van die album gaan wees. Eerlik en rou, nés die liefde!

Aan die stuur van die produksie was Tertius van VONK Musiek. Jan se orkeslede was hands on betrokke by die vervaardiging van hierdie album met sy unieke, warm rock-klank. Jan glo ‘n album is nie ‘n mengsel van liedjies nie, néé, jy skryf ‘n album. Met ‘n begin en ‘n einde; nes ‘n liefdesroman.

Hy’t dit goed reggekry saam met sy spanmaats; John Masser op kitaar en backing vocals, Francois Kleinhans ook op kitaar. Tinus Odendaal op dromme en die bekende Danny Lalouette op Bass.

Jan Blohm se debuutalbum wat in 2004 verskyn het, Melkstraat Confession, het die rock-wêreld op sy kop gedraai nadat hy in 2005 met die GMT-Toekennings die kollig gesteel het met ‘Album van die jaar’. Breyten se brief was toe as liedjie van die jaar aangewys en Jan as “Beste nuweling”.

Daarna het Jan sy loopbaan kaalvoet aangedurf met hoogte-en laagtepunte, maar staan vandag onoorwonne met die vlag in die hand op die spits van die berg as die koning van Rock.

Vele ander toekennings het gevolg soos Huisgenoot Tempo se “Beste Rock groep van die jaar” in 2005. In 2008 sprei hy vlerke en pluk die hartsnare in London en selfs Beijing, China! Met die 14e jaarlikste SAMA toekenningsaand word ons Rock-Koning bekroon met “Beste Afrikaanse DVD van die jaar.” 2009 stel Jan sy 7 Jaar bekend en stap dankbaar weg met die VAMT toekenning vir “Beste Rock Album van die jaar” asook twee Huisgenoot Tempo Toekennings vir “Gewildste Rock Album” en “Alternatiewe Musiekvideo van die jaar” saam met MK! ‘n ‘Rocker’ met meer toekennings as kitare ‘n paar jaar terug!


 ‘n Musikale sirkel wat begin het met frustrasies, teenkanting, sonder begrip en hoop, is vandag voltooi met selfaanvaarding en die grootste van als; Die Liefde…

Jan Blohm breek die kontras tussen rock en liefde, en gaan jou harde rocker’s hart laat smelt met sy nuutste; Die Liefde Album!


Die albumtitel klink dalk vir sissies, nes hy op skool gespot is toe hy portrette wou teken met houtskool, maar Jan Blohm oortuig met sy nuutste vrystelling; hy het die pad gestap van selfaanvaarding en kan hom nou met reg die kontrasteerende titel toe-eien as die ‘rock-koning van harte’! 

DIRECTIONS

Jan Blohm live @ The Music Kitchen PE Fri 10th May 2019
The Music Kitchen PE
69 Mangold St, Newton Park, Port Elizabeth, 6055
Get Directions