Anton Goosen live @ The Music Kitchen PE

Fri Nov 23, 19:30 - Fri Nov 23, 22:30

The Msuci Kitchen PE

ABOUT

Vrydag 23rd Nov 2018

Tyd: 19:30

Kaartjies R140


Deure maak 18h00 oop. Kombuis en kontant kroeg beskikbaar.

Sitplekke sal toegeken word die aand van die vertoning.


“Padkos” Anton Goosen

Anton Goosen se nuwe CD “Padkos”, is sy 1ste sedert die “Groen Blomme”-projek 11 jaar gelede. Hy beskryf die musiek op die album as organiese klanke waaraan hy & Peter Pearlson sy ingenieur, vir 6 jaar aan & af aan gewerk het.

Slegs “Diep Blou See” & “Beestepote”, waarop die “Soetstemme” Koor van die “Delta Solms” plaas gehoor kan word, is in ‘n ateljee opgeneem. Die musiek is of tuis (Gansbaai), of in Peter se kantoor by die Sound Acadamy (waar hy ingenieurklasse aanbied), opgeneem. Denzl Keenan van die groep “Rooibaard”, speel al jare saam met Anton & danksy tegnologie, kon hy sy snitte tuis in Clarens opneem en via die internet stuur.

Organiese klanke volgens Anton is o.a die feit dat daar geen tromme, elektriese kitare, of elektroniese instrumente op die album is nie. Die album is deurspek van akoestiese kitare, ‘n “Hammond” orrel, stomp box, cajon, trompie, bongo’s, mondfluitjie, traporrel, klavier, alt saxofoon, banjo ens.

Van die musikante wat op die album gehoor kan word is o.a. Lise Swart (agtergrondstem) Schalk Joubert (baskitaar), Fred Koch (van die “Bushrockband”), Albert Frost, Gian Groen, Nielen Prinsloo, Denzl Keenan, Vernon Swart, e.a.

Anton het met die skryf en opnames van die album sy musikale wortels herontdek.

In die openingssnit, “Diep Blou See” bekyk & beskryf hy sy omgewing in Gansbaai vanuit ‘n boomhuis waar hy als kan dophou: die Noorkapperwalvisse, die wit doodhaaie, die perlemoen & galjoen, die hawe, ens.

“‘n Pawpaw vir my Darling” was die temaliedjie vir Koos Roets se film oor Jeanne Goosen se boek met die selfde titel. Die film sowel as die liedjie was lokettreffers.

“Poliesman kan my nie vang nie” is die storie van Scotty Smith oftewel George Lennox (1845-1919) wat ‘n perde & diamant dief was. Hy het by die rykes gesteel & die arm man gehelp het, daarom was hy ook bekend as Suid-Afrika se eie Robin Hood.

“Ou blou geroeste kruiwa”, “Perlemoentjie” & “Sagte Kaapse Reën” is liefdesliedjies, sommige in ‘n ongewone baadjie.

Die “Uilvrou van Nieu Bethesda” is die storie van Miss Helin Martins, die wêreldbekende “outsider” wat met die hulp van Koos Malgas verskeie eiesoortige sementuile & beelde geskep het.

“Die bulldozers gallop” is ‘n surrealistiese lawwigheid van hoe die Kaap & Gauteng, Tafelberg, die strand (en ander) kan deel.

“Hy was ‘n goeie vriend van my” is ‘n ode aan Anton se ontslape vriend, Ollie Viljoen. Een van die grootste musikante wat ons land opgelewer het.

“Beestepote” is ‘n herlewing van ‘n tradisionele Kaapse Karnavallied.

“Innie Tsitsikama” & “In Werk” (tot die sand alles uit die uurglas gly) is parodieë van die werklikheid & die perfektheid van ‘n Tuin van Eden & word daar gekyk na die futiliteit van die mens se bestaan in die modern era & sy hunkering na die perfekte, uit die gevangenisskap van sy eksistensialisme.

Mzansi (word vervolg) is tweeledig. Eerstens is dit ‘n “lokliedjie” van wat op ‘n volgende album volledig aangeraak gaan word & terselfdertyd musikaal die rou aardsheid van Anton se “homegrown” musiek.

DIRECTIONS

Anton Goosen live @ The Music Kitchen PE
The Msuci Kitchen PE
69 Mangold St, Newton Park, Port Elizabeth, 6055, South Africa
Get Directions