Stef Bos konsert ten bate van die JVR Trust beursfonds

Thu Nov 16, 19:00 - Thu Nov 16, 21:00

Jan van Riebeeck laerskool saal

ABOUT

Kom luister na die internasionaal-bekende kunstenaar Stef Bos in die skoolsaal!

Stef Bos, een van ons Jannies-ouers, het ingestem om spesiaal vir ons te kom optree ten bate van die Laerskool Jan van Riebeeck Trust se beursfonds.

Wat behels die beursfonds?
Die beursfonds is gestig om leerders in Huppelland en die Laerskool te ondersteun wat spesifiek gewerf is om die visie van die diversiteitsbeleid te ondersteun.
Hierdie beursfonds sal kinders en hul gesinne, waar nodig, finansieel ondersteun vir hulle laerskoolloopbaan en gebruik word om moontlik mettertyd nog leerders te befonds. 

Stef Bos se konsert is die eerste fondsinsamelings-geleentheid vir die beursfonds.
Stef skenk al die inkomste van die kaartjieverkope aan die beursfonds.
Daar sal wyn en versnaperinge wees.
Reël ‘n oppasser vir die kinders en kom kuier lekker saam!

DIRECTIONS

Stef Bos konsert ten bate van die JVR Trust beursfonds
Jan van Riebeeck laerskool saal
52 Kloof St, CBD, Cape Town, 8000, South Africa
Get Directions