Andries Vermeulen

Fri Nov 24, 19:00 - Fri Nov 24, 22:00

Picanha Grill & Brewery

ABOUT

Na die weghol sukses van sy storievertel cd “Want hy vertel so Lekke” en musiek cd “Bakbeen Anties” wat reeds 15000 eenhede verkoop het is die Sandveld/Weskus storieverteller en sanger Andries Vermeulen terug met sy beste versameling van Weskus / Namakwaland stories en musiek. Sy nuwe dubbel cd vrystelling

“Kô Lag ‘n Bietjie” met 35 stories en 10 nuwe liedjies is werklik hierdie vermaaklikheids kunstenaar se beste nog en verstaan jy hoekom hierdie veelsydige kunstenaar so gewild is by sy gehore!!! Hierdie nuwe vrystelling van Andries Vermeulen haal ook in Junie 2015 die SA Top 20 Beste Verkope!!!

Die Weskus geur kom weer hartlik voor in hierdie nuwe dubbel cd en hoor jy selfs snitte wat spesiaal geskryf is deur Elvis Blue en Steve Hofmeyr wat ook saam met Andries Vermeulen op die cd verskyn.

Dit is geen geheim hoekom hierdie kunstenaar wat sy stories en musiek tydloos en lewendig maak al vir ‘n “Sama”, twee “Huisgenoot Tempo-toekennings” en

“Beste Fiësta aanbieder” benoem is nie.

Jy maak egter geen fout om hierdie veelsydige vermaaklikheids kunstenaar te bespreek vir enige soort funksie nie!!!

Andries Vermeulen bied ook saam met sy mede storievertel vriend Pietman Geldenhuys in 2015 ‘n storievertel TV program aan “OppieStoep” wat op Kyknet uitgesaai word en die program beloof om weer kykers vasgenaal te hou voor die kassie met groot storievertel vermaak.