Aand van Motivering met Heinz Winckler ten bate van Mikro Laerskool

Wed Jul 1, 19:00 - Wed Jul 15, 20:30

Event is online

ABOUT

Die skool begin binnekort, en ons weet dat hierdie jaar uitdagend op alle vlakke was sover, en dat daar maar bekommernis en onsekerheid gepaard gaan met kinders wat terugkeer skool toe. Ons het hierdie aanlyn aand gereël saam met Heinz Winckler om die kinders en ouers te inspireer, motiveer en hoop te gee vir hierdie nuwe seisoen van skool op die nuwe manier. Kom deel in die aand saam met ons, en help ons om die woord te versprei. Ons wil graag soveel as moontlik mense op die aand verwelkom op ons spesiale Facebook groep, waar Heinz regstreeks, aanlyn en eksklusief met ons tyd gaan spandeer en bietjie sy hart en eie ervaring van grendeltyd met 'n gesin met ons deel.