Herman Kleinhans - Huis toe

Fri May 8, 18:00 - Fri May 8, 19:00

Event is online

ABOUT

Alles is besig om te verander en ek is nog nie seker hoe ek daaroor voel nie. Aan die eenkant droom ek al jare lank oor verandering en vind ek dit opwindend maar aan die anderkant is ek onseker. Soos almal maar onseker is. Ek het egter besluit om die tyd te gebruik om 'n aanlyn vertoning aan mekaar te slaan, soos nog nooit vantevore gesien is nie. Dis 'n vertoning, 'n dokumentêr, 'n storie, 'n droom... Alles in een en ek wil dit graag met julle deel.


"Huis toe" gaan 'n unieke kyk in my lewe wees. Soos ek deur terabytes en terabytes se beeldmateriaal sif, raak ek opgewonde om grepe van my lewe te deel.


Byvoorbaat dankie vir jou ondersteuning en dankie ook aan almal wat oor al die jare my vertonings bygewoon het, cd's gekoop het en net by my gestaan het. Indien jy nie die kaartjie kan bekostig nie maar dit graag wil kyk, gesels gerus met my. Eendag loop ons mekaar weer raak in 'n teater :)


Hoe dit gaan werk: Vrydag, 8 Mei, om 18h00 sal jy 'n link per e-pos ontvang waar jy "Huis toe" kan kyk.


Vir navrae, stuur gerus 'n e-pos na [email protected]