Koffie Met Katryn @ Merwida

Sat Mar 21, 10:00 - Sat Mar 21, 13:00

Merwida wynplaas

ABOUT

Koffie Met Katryn 

... kom na die Breedekloof en Katryn kuier by Merwida wynplaas se pragtige Huis Te Merwede!


Koffie Met Katryn is 'n intieme kuier met internasionale model, Katryn Kruger. Sy bied hierdie "kuiers" aan vir vroue met wie sy haar lewensverhaal en -lesse deel. Sy bied ook 'n veilige en gekoesterde omgewing waar vroue hul stories en hart kan kom deel. Katryn hoop om só vroue te bemagtig, bemoedig en inspireer.


Sy is op die ouderdom van 15 deur 'n modelagentskap raak gesien en het op 16 die Moederstad verlaat om voltyds modelwerk te doen in stede soos New York, Londen, Milan, Parys en Munich. Sy het vinnig groot sukses behaal in haar loopbaan en het vir gesiene modehuise soos Valentino, Louis Vuitton, Prada en Ralph Lauren, om maar net 'n paar te noem, geloop. Sy het ook groot veldtogte met die bekendstes in die industrie geskiet, soos die Prada veldtog met beroemde fotograaf Steven Meissel. Ander groot name met wie sy al geskiet het sluit in Dior, Oscar de la Renta en Coach. Sy het ook in amper elke glanstydskrif verskyn soos Vogue, Elle en Harpers Bazaar.


Agt jaar later reis sy minder oorsee vir werk, maar fokus nou meer op haar motiveringspraatjies en vroue-oggende: Koffie Met Katryn. By #KMK kuier Katryn aan tafel met die gaste, deel sy openlik haar storie en gee ook vir vrouens die geleentheid om hulle stories, of dit wat op hul hart is, te deel.


Bekende modestilis, Carissa Bosman, is die gasspreker vir dag en sy gaan lekker en praktiese mode- en stileeradvies gee. Van wat is die nuutste giere, tot hoe om aan te trek vir jou lyf en leefstyl. Sy is snaaks, oulik en wéét waarvan sy praat!


Wanneer: Saterdag 21 Maart

Tyd: 10:00 vir 10:30 - 13:00

Waar: Huis Te Merwede

Merwida Wynplaas

Rawsonville

(Op Google Maps: Merwida Country Manor)


(Merwida: +27 23 349 1144)


Jou kaartjie sluit in 'n lekker geskenkpakkie asook eet- en drinkgoed (en natuurlik 'n lekker glasie Merwida wyn)

10% van elke kaartjie verkope word aan die Kenzie & Toto Fonds geskenk, en hierdie geld gaan na dierebeskermingsorganisasies of diereskuilings. 


Hoop om julle daar te sien!


#KMK

DIRECTIONS

Koffie Met Katryn @ Merwida
Merwida wynplaas
Merwide Country Manor, South Africa
Get Directions