Koffie Met Katryn Workshop: met modestilis Carissa Bosman

Sat Mar 14, 09:30 - Sat Mar 14, 12:30

Nectar and Spice

ABOUT

Koffie Met Katryn Workshop: met modestilis Carissa Bosman


Die gewilde KMK Workshops is terug! Internasionale model, Katryn Kruger, bied verskillende "workshops" aan waar sy vroue bemagtig, bemoedig en inspireer.


By hierdie KMK Workshop ias Carissa Bosman gasspreker. Carissa werk vir verskeie groot tydskrifte in Suid-Afrika as stilis en bied ook 'n diens aan naamlik Shop Your Shape, waar sy saam met 'n klient winkels toe gaan en haar wys hoe om aan te trek vir haar lyf en leefstyl. Hierdie is baie gewild en Carissa is bekend daarvoor om vroue gemaklik te laat voel en hulle aan te moedig om met selfvertoue na hulself om te sien.


Katryn en Carissa gaan oor die nuuste modegiere gesels en praktiese advies gee wat hulle oor jare in die mode-industrie geleer het. Carissa gaan wys hoe om dit op jouself toe te pas en hoe om aan te trek vir jou lyf tipe, leefstyl en persoonlikheid.


Hul ervaringe en lekker sin vir humor gaan bydra tot 'n gesellige en opvoedkundige KMK Workshop! Vroue van enige ouderdom is welkom.

Kom leer meer oor mode, maar kom kuier ook saam met ander vroue en geniet 'n intieme en inpsirerende oggend met Katryn en Carissa.


Wanneer: Saterdag 14 Maart

Tyd: 9:30 - 12:30

Waar: Nectar and Spice

Pasitastraat 19, eenheid 2,

Rosenpark, Bellville

Kaapstad


(Nectar And Spice: 071 609 4238)


Jou kaartjie sluit in 'n geskenkpakkie asook lekker vingerhappies en drinkgoed.


10% van elke kaartjie verkope word aan die Kenzie & Toto Fonds geskenk, en hierdie geld gaan na dierebeskermings-organisasies of diereskuilings.


Ons sien uit om julle daar te sien!


#KMKWorkshop


DIRECTIONS

Koffie Met Katryn Workshop: met modestilis Carissa Bosman
Nectar and Spice
19 Pasita St, Rosenpark, Cape Town, 7550
Get Directions