Weg Ry & Sleep Bakkie Run 2020

calendar
Fri Apr 24, 10:00 - Mon Apr 27, 10:00
location
Alldays Vliegveld

About

Welkom by die eerste Weg Ry & Sleep Bakkie Run. Hier is al die inligting wat jy moet weet.


Vir enige navrae rig n e-pos aan Francois Malan by [email protected]


Enige registrasies wat ontvang word wat onvolledig is of nie aan hierdie voorskrifte voldoen nie, sal nie oorweeg word nie. Ons sal jou wel kontak om die regte inligting te bekom. Slegs volledige aansoeke sal oorweeg word.

1.      Datum: 24 – 27 April 2020

2.      Plek: Alldays, Limpopo

3.      Inskrywings open: Registrasies maak 20 Januarie oop. Registrasie sal plaasvind tot en met 1 Maart waartydens die goedkeuringsproses sal plaasvind. Ons beoog om jou in kennis te stel van susksevolle registrasie binne twee weke (2 weke) van registrasie. Jy sal dan tot 15 Maart tyd he om te betaal, anders word jou inskrywing gekanselleer.

 

HIERDIE IS BAIE BELANGRIK WANT JY GAAN OP DIE INSKRYWINGSVORM KIES DAT JY AL HIERDIE REËLS GELEES HET EN VERSTAAN.

a.      Jy moet die inskrywingsvorm so volledig as moontlik invul. Die kriteria wat ons gaan gebruik word hier onder verduidelik. Alle bakkies van alle make, alle jare, 2-trek of 4-trek bakkies sal oorweeg word. Alhoewel daar sekere klasse geskep gaan word warain die verskillende tipe bakkies gaan deelneem word daar wel meer klem gele om dit te genie ten saam hierdie ikoniese Suid Afrikaanse voertuig te vier. Hou ook in gedagte dat daar gesinne, vrouens en kinders ingesluit, sal deelneem.. Dit sluit ook mense van ander kulture, herkoms, politieke oortuigings en geloof in, so hou dit ingedagte as jy n spannaam kies.

b.   Sodra jou inskrywing goedgekeur is sal jy ‘n e-pos van Quicket af ontvang. Daarna moet jy weer op die webblad (quicket.co.za) gaan inteken en dan kan jy jou betaling afhandel.


4.      Koste: Die koste vir deelname beloop R1500 per persoon en R2000 per voertuig. Die koste vir ondersteuners is R500 per persoon.

5.      Daar sal ook weer hierdie jaar ’n tentedorp wees wat opgeslaan word sodat deelnemers nie self in die son en stof moet tent op- en afslaan nie. Daar sal twee verskillende opsies wees vir tente: Jy is ook baie welkom om van jou eie tent of Boswa gebruik te maak as akkommodasie.

a.      Basiese tent: Sluit in ‘n matras per persoon, die res moet jy self bring. Koste: R2500 vir die naweek per tent (twee persone).


b.      Luukse tent: Sluit in ‘n matras, ‘n bed, ‘n stoel en slaapsak. Koste: R4200 vir die naweek per tent (twee persone).

6.      Dit is baie belangrik dat alle ondersteuningspanne en -voertuie ook vir die byeenkoms registreer, anders sal hulle nie toegang tot die terrain kry nie.

7.      As organiseerders behou ons die reg voor om enigiemand ter enige tyd van die gronde te laat verwyder.

8.  Elke deelnemer en passasier in die voertuig moet ’n geldige rybewys hê en dus ouer as 18 jaar wees.

9.  Pryse (indien enige) word toegeken volgens die organiseerders se diskresie.


10.      Alle voertuie moet veiligheidsgordels vir ALLE insittendes hê

11.      Dit bly die reg van die organiseerders om inskrywings wat nie by die reëls hou nie af te keur.

12.      Elke voertuig wat deelneem moet padwaardig wees en bewys van registrasie moet gelewer kan word as die organiseerders dit sou versoek.

13.  Deelnemers word versoek om alle insittendes se naam op die kar te skryf onder die venster waar die persoon gaan sit.


14.  Drankgebruik ten tyde van deelname word ten sterkste afgekeur en spanne wat skuldig gevind word sal gediskwalifiseer word en nie toegelaat word om verder te bestuur nie.


15.  Die besluit van die organiseerders oor enige aspek van die Bakkie Run, in oorleg met die redakteur van Weg Ry & Sleep, die uitgewer en Media24, is finaal en geen gesprekke sal daaroor gevoer word nie.

16.  Weens die inherente risiko van so baie deelnemende voertuie is dit belangrik dat alle deelnemers tydens die Bakkie Run die aanwysings en opdragte van die organiseerders en beamptes gehoorsaam.

17.  As jy jou inskrywing wil kanselleer, moet jy die versoek skriftelik aan die organiseerders rig ten minste 30 dae voor die aanvang van die byeenkoms. In so ’n geval sal jy 50% van jou inskrywingsgeld terugkry. Indien dit minder as 30 voor die tyd gekanselleer word, sal jy jou inskrywingsgeld verbeur.

 


Location

Weg Ry & Sleep Bakkie Run 2020
Alldays Vliegveld
Alldays, 0909
Get Directions Get Directions

Organiser

How can we help?