FREE OPTIONS

Klankland bekendstelling

Wed Nov 27, 18:30 - Wed Nov 27, 20:00

Laerskool Orion Saal

ABOUT

‘n Nuwe boek word bekend gestel


Kom geniet ‘n aand saam met Maryna Clark,

‘n Graad 1 juffrou van formaat


‘n Nuwe boek word geloods,

Vir my en jou se kroos!

PROGRAM

Informele kaas en wyn
Onderhoud met Maryna Clark deur Liezel Blom
Maryna teken boeke

SKRYWER

Maryna Clark:

Klankland is gebore, ongeveer 33 jaar gelede, toe ek as jong graad een juffrou besef het dat baie kinders sukkel om die skryfwyse van die klankies onder die knie te kry en  ook om die verbinding te maak met byvoorbeeld net die klank en sy skryfwyse. Soos a vir appel.

Ek het begin skryf aan stories waar die storie vir jou vertel hoe die klankie gevorm word.  Daar is ook ‘n persoonlikheid aan alke klankies toegeken  en so ook het elke klankie ‘n werkie in Klankland.

Die klankies hou ook verband met mekaar wat herhaling meebring wat ‘n belangrike deel vorm van memorisering.

Later jare het kinders wat in my klas was, nou al groot mense, my gereeld uitgevra oor Klankland.  Dit is net ongelooflik hoe hul nog al die stories kan onthou. 

‘n Droom word waar, waar Klankland nou in ‘n boek verewig is. Ongeveer vir 33 jaar, met ‘n gemiddeld van 30 kinders per jaar,  het die stories deel uitgemaak van kinders in my klas se lewe.

My groot wens, met die boek en nog vele ander bronne, is dat baie kindertjies van kleins af al die stories kan hoor op ‘n informele vlak.  Die stories sal hulle baie help wanneer hulle later die klanke meer formeel aanleer.

DIRECTIONS

Klankland bekendstelling
Laerskool Orion Saal
Estelle St & Toinette St, Brackenhurst, Alberton, 1448
Get Directions