Brixton Ondergronds

Sat Dec 14, 19:00 - Sat Dec 14, 22:00

JARR Bar and Restaurant

ABOUT

So Moord Greeff kom kuier in Desember in Suid-Afrika. Miskien is Kanada te koud daardie tyd van die jaar. Toe dink Kapelaan Pat Plank aan 'n tipe reunie gig, 'n kans om die ou tunes af te stof en om vir wyle Brixton Barnard te onthou. Saam met Moord Greeff gaan ons tunes van "Spergebied" en "Terug in Skubbe" doen en saam met Louis Graham die tunes van "Slaaptyd in die Suburbs". Moord kan ons ook bietjie vertel van sy band in Kanada. Simon Kruger van Nul, een van ons favourite bands, gaan instaan op baskitaar. Ons dink ons noem die gig "Brixton Ondergronds", omdat "Brixton bo die grond roep na Brixton onder die grond" te lank is. Met apologie aan Gert Vlok Nel, natuurik.


Kaartjies is R100 aanlyn of R120 by die deur.

Once-off show.

Begin 8pm

Sat 14 Desember by die JARR Bar & Restaurant

DIRECTIONS

Brixton Ondergronds
JARR Bar and Restaurant
102 Ripley St, Weavind Park, Pretoria, 0184
Get Directions