Die Wasgoedlyn by JARR Bar

Sat Nov 30, 19:00 - Sat Nov 30, 22:00

JARR Bar and Restaurant

ABOUT

Geen twee Wasgoedlynkonserte is dieselfde nie. Daar is wel 'n paar konstantes: Geen opgesmuktheid, net rou, ongerepte musiek, gespeel deur die skeppers self met die hart op die mou, en voila, 'n towerwêreld van oorspronklike klank en liriek is telkemale gebore uit die niet.


Vir hierdie vertoning by die JARR Bar & Restaurant op Saterdag 30 November bring Riku Lätti (liedjieskrywer, vervaardiger en sanger) 'n paar paar spesiale gaste om saam te speel...kom kyk self wie betree die verhoog.


Kaartjies is R60 aanlyn of R80 by die deur.

Vertoning begin om 20h00.


Samewerking en verspreiding en viering van die skeppende kunste is 'n groot deel van doelwitte van die Wasgoedlyn.

DIRECTIONS

Die Wasgoedlyn by JARR Bar
JARR Bar and Restaurant
102 Ripley St, Weavind Park, Pretoria, 0184
Get Directions