Jou bespreekte kaartjie is eers geldig wanneer dit betaal is. Die aantal sitplekke is beperk- doen dus jou betaling om teleurstelling te voorkom.

WAT ALLE VROUE OOR 40 MOET WEET VAN HULLE DIEET

Wed Oct 16, 09:30 - Wed Oct 16, 12:30

De Malle Meul Philladelphia

ABOUT

Wat het jou hormone, jou derms, jou depressie en angstigheid, en jou lyf wat (wil) vetter word na 40 in gemeen?

 

Leer meer hieroor en hoe jy die slaggate kan mistrap!




SIEN OOK SARIE TYDSKRIF WAT 23 September 2019 op die rakke is!


’n Heerlike benadering van proe, probeer, en verstaan!

Werksessie word aangebied in samewerking met Kokkedoor finalis Madelein Roets by De Malle Meul in die pragtig landelik Philadelphia net buite Durbanville.

Beperkte aantal plekke beskikbaar per sessie.

Aangebied in Afrikaans





Wat jy kan verwag van die werksessie?



  • Leer meer oor WANNEER en WAT jy moet eet om jou unieke bio-ritmes aan te skakel.
  •  Kritiese koskeuse vir vroue na 40 – wat moet in! 
  • Verstaan die veranderinge in jou lyf – is vetword onafwendbaar?
  •  Die impak van ‘wanneer’ jy eet is amper groter as ‘wat’ jy eet – vind jou unieke patroon. 
  •  ’n Oorsig oor gewigsverlies strategië (verskillende dieëte) wat werk en wat werk nie en hoekom nie.
  •  Vertraag veroudering – strategieë(uitgesonder kosmetiese intervensie bv. Botox) wat die moeite werd is om toe te pas.



Vir wie is die werkswinkel?


Vroue ouer as 40.

 


Wat jy sal kan leer:



  • Kritiese koskeuse vir vroue na 40 – meer oor wat jy kan as wat jy nie kan nie!
  • Verstaan die veranderinge in jou lyf – is vetword onafwendbaar?
  • Die impak van ‘wanneer’ jy eet is amper groter as ‘wat’ jy eet – vind jou unieke patroon.
  • ’n Oorsig oor gewigsverlies strategië (verskillende dieëte) wat werk en wat werk nie en hoekom nie.
  • Vertraag veroudering – strategieë(uitgesonder kosmetiese intervensie (bv. Botox) wat die moeite werd is om toe te pas.




Vrese en bekommernisse wat aangespreek sal word:



  • Depressie – die impak van breinchemie wanbalans op jou eetpatroon, en jou eetpatroon se impak op depressie
  • Hartsiekte en beroerte – moet ek nou al daaroor bekommerd wees?
  • Geheuekapasiteit – beskerm jou brein teen veroudering en ontwikkeling van Alzheimer
  • Borskanker en ander kankers
  • Osteoporose
  • Bloedarmoede – veral nader na menopause
  • Skildklier
  • Sleg slaap
  • Vetword


Wat sal jy kry?


Ietsie te ete, ietsie te drinke en 'n heerlike oggend van proe probeer en leer.
















DIRECTIONS

WAT ALLE VROUE OOR 40 MOET WEET VAN HULLE DIEET
De Malle Meul Philladelphia
Cnr Main Rd &, Meul Street, Philadelphia, Cape Town, 7304
Get Directions