EVA

Sat Sep 7, 20:00 - Sat Sep 7, 21:30

AGS Witfield Lighuis Ouditorium

ABOUT

EVA is ‘n eksentrieke produksie deur Zijn-Rudolph. Hy vertel ‘n deel van sy lewe waar hy homself bevind het in sy persoonlike weergawe van die Tuin van Eden. Dis ‘n storie wat handel oor liefde, menswees en die natuur, aanvaarding en verwerping. Zijn-Rudolph het sy tas gepak en hom gedra tot daar waar hy net die stem van die aarde tussen die wind kon hoor, en die diep gebreek van branders onder sy voete kon voel. Dié storie word vertel deur ware verhale wat sy identiteit gevorm het, bekende musiek wat die hart laat roer en kostuums, nuutgeskep en buitengewoon. Die produksie is in samewerking met HERBORE wat te koop sal wees voor/na die vertoning; dis ‘n absolute kuns-ervaring. 

 

“Ek hardloop in die veld in, ver weg van die geraas, tot op die punt waar ek myself kan verskoon en myself kaal op die seesand kan neerlê. Die hemel was om ons, om jou en my. Na ure se klim kon ek letterlik die wêreld voor my sien. Die aarde druis, om my is dit groen tot waar die grondpad verdwyn onder die stof in my oë, en voor my, kilometers en kilometers water, tot daar waar die hemel verdrink”

DIRECTIONS

EVA
AGS Witfield Lighuis Ouditorium
88 Main St, Witfield, Boksburg, 1459
Get Directions