Bacchus Nel @ 2Riviere
Sat Aug 17, 20:00 - Sat Aug 17, 22:00
2Riviere Kroeg & Rooster
ABOUT
Ons verwelkom graag vir Bacchus Nel op die 2 Riviere verhoog.
Op 'n katastrofiese dag het 'n klein Volksie voor 'n vragmotor ingery en 'n einde gemaak aan Stephen Nel, die deelttydse versekeringsverkoopsman van Standerton. Uit die wrak van verwronge metaal het daar egter iets merkwaardigs gebeur: die geboorte van digter, sanger en liedjieskrywer Bacchus Nel.
Die gebreekte bene het weer heel geword, maar Bacchus moes hoor dat hy nooit weer sal sien nie. Hy was 21 en onherroeplik blind. Om 'n uitlaatklep vir sy rou emosies te kry, het hy begin kitaar speel en helder beelde opgetower met sy musiek en woorde. Hy het 'n put van kreatiwiteit en talent gevind wat verborge was in Stephen Nel. Hierdie talent is uiteindelik raakgesien deur Piet Botha en Lanie van der Walt, wat hom gehelp het om sy populêre debuut CD te voltooi: "In die Arms van die Nag".
Bacchus erken dat hy op skool 'n bietjie van 'n rebel en droogmaker was. In daai tyd, sê hy, was dit nie "cool" om Afrikaans te wees nie en Afrikaanse musiek het ook nie juis aftrek gekry nie. "Ons was donker kinders."
Stephen was 'n Pixies-man. Het het na skool vir 'n ruk op 'n kibboets gewerk en ook sy oorlewingsvaardighede in Londen getoets (sonder sukses). En toe is hy terug Standerton toe. 'n Man sonder 'n idee wat hy met sy lewe wil doen.
Vandag is Bacchus Nel 'n man met 'n visie. Hy kan met oortuiging sê: "Ek wil niks anders doen nie. Ek wil musiek maak. Ek wil goeie liedjies skryf." Die onderwerpe waaroor hy skryf, sê hy, is soos sy dagboek. "Die daaglikse bestaan. Verbode liefde. Verlore liefde. Die stad en die platteland. Plekke met 'n interessante vibe.