"Waaat!" Kulkunsvertoning - Centurion (Lyttelton) - 9 Aug. publieke vakansiedag

Fri Aug 9, 15:30 - Fri Aug 9, 16:30

NG Kerk Lyttelton-Oos

ABOUT

"Waaat!"  is Kulkunstenaar Vicus Cruywagen se nuutste eenmanvertoning, propvol familiepret en trots Afrikaans. Vicus kombineer ongelooflike kulkuns met skreeusnaakse humor. Die vertoning is baie interaktief en mense uit die gehoor word tydens die vertoning op die verhoog betrek om die betowerlike kulkuns eerstehands te ervaar. Volwassenes en kinders sal snak na hul asem en skaterlag. Jonk en oud word geneem na ‘n wêreld waar enigiets moontlik is en sal uitroep “Waaat!”.


Vicus doen al voltyds vertonings vir 25 jaar en spog met ‘n verskeidenheid internasionale kontrakte op skepe, in teaters en pretparke. Hy het ook al meer as 30 keer verskyn op Suid Afrikaanse televisie (Big Brother, VixTrix, Tekkies, 2Cool, Boksemdais).

Besoek gerus Vicus se webwerf vir meer agtergrond en videos: www.radicalmagic.co.za


Neem jou gesin dié Nasionale Vrouedag op ‘n onvergeetlike uitstappie na "Waaat!"


* Die vertoning is geskik vir gesinne met kinders van 6 jaar en ouer.

* Babas gratis solank hulle nie ‘n sitplek benodig nie.


Volg Vicus sosiale media vir nuwe datums en nuus oor vertonings:

Facebook - www.facebook.com/radicalmagicsa

Instagram - #radicalmagicsa


Vir meer inligting of navrae: skakel/WhatsApp 076 348 5906.

DIRECTIONS

"Waaat!" Kulkunsvertoning - Centurion (Lyttelton) - 9 Aug. publieke vakansiedag
NG Kerk Lyttelton-Oos
h/v Van Riebeeck en Molteno, Lyttelton, Lyttelton Manor, Centurion, 0157
Get Directions