Kom sit aan Dit proe soos huis bekendstelling

Sat Oct 19, 12:00 - Sat Oct 19, 17:30

The Old Tannery, Wellington

ABOUT

Kom sit aan my tafel


Dit proe soos huis (Human & Rousseau), sy vierde treffer, neem Herman ons op ’n reis deur die geure van sy ma, Susan Lensing, se kombuis. In nege hoofstukke ontvou die storie van sy grootwordjare en verhouding met sy ma – alles gewortel in egte kos wat almal kan kook. Met dié boek eer Herman nie net sy ma se nalatenskap nie, maar ook dié van al die ma’s wat elke dag ’n verskil aan mense se lewe maak. Dis eenvoudige kos uit sy ma se kombuis – wel met een of twee nuwe kinkels, maar in sy DNS pure huiskos. Nou kan jy ook vreesloos kook, nes Susan Lensing elke dag gedoen het.


EN NOU DIE BESTE NUUS

Jy kan kom aansit vir 'n viergang-ete terwyl Orange River Wine Cellar jou glas heeltyd vol hou saam met Herman wanneer hy dié nuwe boek bekendstel. Herman gaan jou bederf met vermaak, kos en heerlike stories! Maar, wees gewaarsku: daar is min kaartjies en net 65 gaste gaan kan aansit by die tafel saam met Herman en die genooide gaste. So maak jou reg vir heerlike kos, goeie wyn en nog beter geselskap. Moontlik gemaak deur Spekko, Human & Rousseau, Orange River Wine Cellar, Royal Kalahari Salt & SA Lam en Skaap


WANNEER?

Saterdag 19 Oktober 2019 om 12:00


WAAR?

The Old Tannery Hermon Road, Wellington, 7654


KOSTE?

R350 per persoon, alles ingesluit.

DIRECTIONS

Kom sit aan Dit proe soos huis bekendstelling
The Old Tannery, Wellington
Hermon Rd, Wellington
Get Directions