Bouwer & Lucinda live at Wamelia, Bloemfontein.

Fri Jun 14, 19:00 - Fri Jun 14, 21:30

WAMELIA @ Equistria Lifestyle Retreat

ABOUT

Bouwer Bosch, voorsanger van die SAMA-genomineerde rock groep Straatligkinders en die acoustic pop duo Dans Dans Lisa is bekend vir sy diep reflektiewe en eerlike aanslag tot musiek en lewendige optredes. Met meer as 100 liedjies op sy kerfstok bring hy en Lucinda Neethling, voorsanger van Die Melktert Kommissie 'n onvergeetlike vertoning wat bestaan uit van Bouwer se bekendste liedjies en Lucinda se tydlose treffers. Lucinda het haar musiek loopbaan begin op sestien toe Die Melktert Kommissie die eerste Jip Rockspaaider Kompetisie gewen het in 2002.


Bouwer en Lucinda het pas klaar opgeneem aan 'n 6 snit kortspeler wat binnekort aanlyn beskikbaar gaan wees en dit beloof om iets unieks binne die Suid Afrikaanse musieklandskap te wees. Bouwer en Lucinda se unieke musiekagtergronde maak dat hierdie vertoning defnitief een vir die boeke sal wees.