Die volgende vyf jaar: ‘n strategiese politieke ontleding (met gasspreker, professor André Duvenhage)

Tue May 28, 08:00 - Tue May 28, 10:00

Sakeliga

ABOUT

Die volgende vyf jaar: ‘n strategiese politieke ontleding (met gasspreker, professor André Duvenhage)



Die verkiesing is verby, maar wat is die gevolge? Hoe lyk die politieke landskap oor die volgende vyf jaar? Kom eet saam ontbyt en luister na professor André Duvenhage, gewilde en gereelde politieke ontleder, wanneer hy die politici en die partye ontleed: wie is die kabinet; wie het die magsbasisse; wie het die stemme; wie gaan alliansies vorm; wie gaan radikaliseer; en wie gaan iets nuut op die tafel sit? Wat gaan die ministers doen; wat gaan met die binnegevegte gebeur; en wat moet sakelui verwag?


Funksiebesonderhede:

Datum: 28 Mei 2019

Tyd: 08:00

Plek: Sakeliga, Gerhardstraat 109, Die Hoewes, Centurion


Koste

Lede van Sakeliga: R250

PretoriaFM-adverteerders: R350

Uitstallers by KragDag: R350

Ander: R500


Slegs 110 sitplekke beskikbaar! Bespreek jou kaartjies nou.


Meer oor ons spreker, professor André Duvenhage

Professor André Duvenhage is ‘n politieke ontleder verbonde aan die Noordwes-Universiteit. Tydens sy pasafgelope termyn van sowat 13 jaar as Navorsingsdirekteur: Sosiale Transformasie aan dié universiteit ontvang hy meermale erkenning vir sy openbare rol en kommentaar oor die Suid-Afrikaanse politieke landskap. Sy publikasies en optredes sluit in tientalle bydraes in internasionale vaktydskrifte, tientalle nasionale en internasionale akademiese referate en duisende radio- en televisie-optredes die afgelope paar jaar.

DIRECTIONS

Die volgende vyf jaar: ‘n strategiese politieke ontleding (met gasspreker, professor André Duvenhage)
Sakeliga
117 Gerhard St, Die Hoewes, Centurion, 0163
Get Directions