Lollos, Jou Slim Ding by Curro Durbanville

Sat Jul 20, 10:30 - Sat Jul 20, 11:30

Curro Durbanville Hoërskool

ABOUT

Lollos & Lettie kom kuier bietjie by Curro Durbanville om hulle nuutste vertoning, "Lollos, jou slim ding" vir jou te kom wys:


Datum: Saterdag, 20 Julie 2019

Tyd: 10H30

Plek: Curro Durbanville Laerskool skoolsaal, 1 Memento Drive, Sonstraal Hoogte, Durbanville

Kostes: R85 per persoon (https://qkt.io/lolloscurrodville)


Deure sal 09h30 oopmaak.


Bietjie meer oor Lollos, jou slim ding:


Sjoe Lollos, jy is darem slim! Op al jou opwindende reise na die Aarde het jy en Lettie al soveel lekker dinge geleer terwyl julle ook hope pret gehad het saam met Disco en die span!


Hierdie kleurvolle vertoning fokus op die interaktiewe vaslegging van lekker lessies wat Lollos en Lettie al geleer het.

Deur middel van opgewekte musiek en energieke danspassies, maak Lollos en Lettie dit maklik vir die maatjies om saam te leer, saam te lag en uitbundig saam te dans.


Sien uit na treffers soos Tandeborsel, Babbelbekkie, Die Vriendelike Dokter en Oppaktyd om saam slimmer te word - en natuurlik ook 'n lekker dosis immergroen Lollos-bekendes wat almal se boudjies sal laat wikkel!


Lollos, jou slim ding, is in Maart 2019 bekendgestel, en is dus splinternuut. Lollos is geliefd deur kinders & ouers en julle wil dit nie misloop nie!

KAARTJIES

 

  • Kaartjies is beskikbaar op Quicket teen R85 per persoon
  • Alle betalings word via QUICKET gedoen: kontant deposito, debietkaart, kredietkaart, EFT of Snapscan beskikbaar
  • Kaartjie verkope sluit 19 Julie 2019. 
  • Ouers en kinders betaal ongeag ouderdom. Slegs babas onder 12 maande is gratis, maar vanaf 1 jaar (12 maande) val hulle binne die Lollos “brand” se teikenmark en benodig dus ‘n kaartjie. (bewyse van ouderdom word vereis vir kinders onder 12 maande)
  • Elke persoon wat die vertoning bywoon moet egter ‘n kaartjie hê.
  • Ons doen ongelukkig geen terugbetalings nie.
     

SITPLEKKE

  • Dit is ongereserveerde sitplekke.
  • Daar sal ‘n klein area oop wees voor die verhoog vir die kinders om te spring & dans tydens die vertoning.
  • Bring gerus vir jou kleintjie 'n kombers saam waarop hulle kan sit.
  • Stoele sal agter hierdie area gepak word vir die volwassenes & kinders wat daarop wil sit.

LOLLOS PRODUKTE

  • Lollos produkte sal op die dag (voor en na afsluit) van die vertoning verkoop word en nie vooraf saam met jou kaartjie(s) nie.
  • Ons (Curro Castle Parent Advisory Committee) het geen beheer oor watter items op die dag beskikbaar sal wees nie.

VERTONING

  • ‘n Vertoning is +- 45 minute lank.
  • Daarna sal daar ‘n fotogeleentheid wees vir diegene wat fotos saam met Lollos en Lettie wil neem.
  • Fotokoste -  R50 per foto en nie per kind nie. (Daar mag meer as 1 kind op n foto wees) 
  • Die fotos word ook by die vertoning uitgedruk sodat julle dit onmiddelik kan huistoe neem.
  • Kinders sal vir Lollos & Lettie kan ontmoet en n drukkie gee.

TERME

  • Wanneer 'n kaartjie gekoop word, stem julle outomaties in tot die voorwaarde en reëls:
  • Elke kind is sy ouer(s) se verantwoordelikheid. Elke kind moet vergesel ord deur n volwassenne (ouer / voog) .
  • Vir veiligheidsdoeleindes, vra ons dat elke ouer/voog seker maak dat sy/haar kind nie tydens die vertoning op die verhoog klim nie. Die karakters is in kostuum en kan nie altyd mooi daardeur sien nie. Ons wil enige & alle ongelukkies probeer voorkom. Dit is ook ontwrigttend & onderbreek die vertoning en vat tyd weg van die "foto geleentheid" na die vertoning. 

ANDER

Daar sal op die dag van die vertoning 'n paar stalletjies wees, asook 'n snoepie waar julle verversings & iets te eet kan koop.
Ondersteun asb.

DIRECTIONS

Lollos, Jou Slim Ding by Curro Durbanville
Curro Durbanville Hoërskool
1 Memento Dr, Sonstraal Heights, Cape Town, 7550
Get Directions