Kersfees saam met SARIE

Wed Nov 20, 19:00 - Sun Nov 24, 16:00

Atlantic Studios

ABOUT

Geniet ’n vroeë Kersfees saam met ons. Ons doen dit in styl, en SARIE-kosredakteur, Herman Lensing, kook spesiaal vir elke ete.


Verlede jaar het ons so gemaak en vanjaar, met SARIE se 70ste, maak ons weer so. Lesers praat steeds oor 2018 se vier Kersetes toe Herman saam met 10 studente van die Stellenbosse sjefskool, die Institute of Culinary Arts, voor die gaste gekook en lesers gewys het hoe maklik ’n heerlike Kersspyskaart kan wees.


Ons doen dit weer, en weer oor vier etes! Bespreek nou jou sitplek aan een van ons vier 2019-Kerstafels. Ons nooi jou om saam met die SARIE-span nuwe vriendskappe en ou kennisse te vier, ook die jaar wat verby is en die welverdiende ruskans wat voorlê.


Soos verlede jaar kuier ons om die langtafel op die nuwe stel van Kokkedoor in Kaapstad, terwyl Herman en sy span ’n sesgang-feesmaal met onder meer produkte van Spekko, SPAR en Sparta Angus berei. En in jou glas, Roodeberg-wyne wat vanjaar, nes SARIE, hul 70ste verjaardag vier.


INGESLUIT

Die prys sluit in jou ete en drankies, ’n geskenkpak met SARIE KOS Lente 2019, die Desember-uitgawe van SARIE asook bederwe van borge.

Jy kry ook ’n resepteboekie met al die resepte van die feesmaal. Al wat jy moet doen, is om jou eie Kersete, met die hulp van Herman, te berei.


DATUMS

Woensdag 20 November 19:00

Donderdag 21 November 19:00

Saterdag 23 November 18:00

Sondag 24 November 13:00


PLEK

Atlantic Studios, Montague-rylaan 7, Montague Gardens, Kaapstad


KAARTJIES

R625 per persoon, alles ingesluit


*Indien jy enige navrae het, kontak [email protected]

DIRECTIONS

Kersfees saam met SARIE
Atlantic Studios
7 Montague Drive, Montague Gardens, Cape Town, 7441, South Africa
Get Directions