Musiek Soos Grond - Pretoria

Sat May 4, 17:00 - Sat May 4, 22:00

The Big Red Barn

ABOUT

Ek word stil.

Ek word stil as my siel onder jou voete soos ’n oop, omgeploegde land lê.

Jy met jou musiek soos reën oor my... met ’n Kaleidoskoop van kleur laat dit iets wat

versteek is binne my uit sy nate bars en dan word dit skielik groen,

’n grasvlakte, ’n boom, ’n woud.

En ek word stil,

stil tevrede as my siel te midde van jou melodieë ontkiem.

Musiek Soos Grond-


Hekke open 17:00, vertoning begin 18:30

Bring jou eie kampstoel/kombers of kussing om op te sit.

GEEN eie kos/drank.

Kos en drank-stalletjies, barista ens. beskikbaar so onthou kontant/kaart.


Kinders is ongelukkig NIE gratis nie.

GEEN kinders sal sonder kaartjies toegelaat word nie.


Navrae: [email protected]

DIRECTIONS

Musiek Soos Grond - Pretoria
The Big Red Barn
7 Nelson Rd, Sunlawns AH, Olifantsfontein, 1666
Get Directions