Hermanus Sterreligkonsert met Coffee Snobs

Thu Dec 26, 18:00 - Thu Dec 26, 20:00

Hermanuspietersfonetin

ABOUT

Coffee Snobs hou konsert onder die sterre!

Kom vier die fees seisoen saam en luister na musiek vir jou siel met 'n bietjie nostalgie, 'n bietjie liefde, wat jou laat lag en wat jou inspireer!

Daar is heerlike wyn en iets te ete te koop deur Hermanuspietersfontein.

Dis familietyd so, bring almal saam en kuier lekker met goeie kos, wyn en musiek!

So bietjie meer oor Coffee Snobs...

2018 was 'n groot jaar met hul tweede album Lig wat einde Februarie die lig gesien het. Al die lirieke op Lig, in Afrikaans en Engels, is oorspronklike tekste uit Vernette se pen. Vernette onderskei haar deurgaans nie net as liriekskrywer nie, maar ook as komponis. Lig se sukses word bevestig deur die nominasie vir Huisgenoot se Tempo-toekenning vir beste kontemporêre album van die jaar. Dit sal ook die derde opeenvolgende jaar wees wat een van hul lirieke as die temalied vir die gewilde Joberg2c - bergfietswedren gebruik word, hierdie jaar met “Wildest Dreams” vanaf die nuwe album.

Coffee Snobs se musiek is vars, oorspronklik en treffend. Die lirieke se poëtiese kwaliteit en melodieë is uniek - hulle is ewe tuis in die styl van die klassieke ballade, die

liriese ode én funky sosiale kommentaar en parodie.

Coffee Snobs se musikale aanslag en sensuele intensiteit maak dat hulle ongetwyfeld een van die opwindendste musiekgroepe in Suid-Afrika is.


DIRECTIONS

Hermanus Sterreligkonsert met Coffee Snobs
Hermanuspietersfonetin
Hemel en Aarde Rd, Onrus River, Hermanus, 7200
Get Directions