Wittenberg Boeredag 2019

Sat May 4, 10:00 - Sat May 4, 23:00

Wittenberg Schule

ABOUT

Kom wees deel van die pret by die 3de Wittenberg Boeredag & Mark op 4 Mei 2019!!


Die dag word jaarliks gehou om fondse in te samel vir Wittenberg Laerskool om ons kinders die optimale opvoeding te kan bied.


Beplande verrigtinge vir die dag is as volg:


  • Bulletjie Rugby waar 8 skole aan deelneem van gemeenskap en omliggende areas
  • Tradisionele Duitse geregte soos Teewurst, Kasegrille, Metwurst ens
  • Verskeie kosstalletjies
  • Vars vleis verkope
  • Bier- & Tee Tuin
  • Gin Tasting
  • Sweepslaan Demonstrasie & Kompetisie
  • Boeresport
  • Lewendige Musiek
  • Toutrek Kompetisie
  • Springkastele & Ander vermaak vir kinders
  • Uitstallings deur Motorhandelaars soos Toyota, Massey Ferguson, Nissan ens.
  • Meer as 70 stalletjies met allerlei ware soos Bonsai, geskenke, plante, speelgoed, huisware, tuisgebak, juwele, skilderye en nog vele meer


Daar sal dan ook 'n veiling gehou word later die middag waar verskeie items opgeveil word soos Plaas Implemente, Jagpakkette, Vakansies, Braaiers, Lewende Hawe, Wild en dies meer.


Die jaar sal ons ook 3 gaskunstenaars hê wat sal optree die aand. Die aand word gelei deur komediant, Schalk Bezuidenhout wat ons sal vermaak met 'n paar komiese vertellings gevolg deur Elandre Schwartz, die YouTube sang sensasie en Leah van "Boer Soek 'n Vrou"-faam!!


Ingangskaartjies sluit gratis toegang in tot die aand se verrigtinge waar daar heerlik op die rugbyveld gekuier en gebraai sal word. Daar is braaipakke en braaivleisvure beskikbaar by die kroeg.

DIRECTIONS

Wittenberg Boeredag 2019
Wittenberg Schule
Unnamed Road, South Africa
Get Directions