Jakkals en Wolf Onbeperk

Sat May 4, 10:00 - Sat May 11, 19:30

Adam Small Theatre Complex, Stellenbosch

ABOUT

Jakkals en Wolf stories leef al vir langer as ‘n honderd jaar in Suid-Afrika. Verskeie weergawes bestaan reeds en hopelik sal die stories deur veel meer stemme vertel kan word en nog baie stertjies bykry. Jakkals en Wolf het vriende en vyande wat ook belangrike rolle in hulle stories speel en soms ‘n storie van hulle eie het om te vertel. In Jakkals en Wolf Onbeperk kry van hierdie stories nuwe lewe wanneer Jakkals, Wolf en ander diere ‘n TV-span vra om ‘n dokumentêr/realiteitsreeks oor hulle te maak. Dis immers wat hulle hoor almal nou doen om onthou te word. Hulle is egter gou ontevrede as Koning Leeu hulle kalklig probeer steel. Die kameraspan veroorsaak groot moeilikheid in die diereryk en wat volg is 'n verhaal van verraad en oorlewing, met hopelik ‘n les of twee daar uit te leer. Jakkals en Wolf Onbeperk bied 'n humoristiese blik op bekende en onbekende dierestories wat uit eie bodem geput is. Teks deur Malan Steyn en oorspronklike musiek en lirieke deur Frazer Barry. ‘n Studente-geselskap van die Universiteit van Stellenbosch se Drama Departement sal hierdie kleurryke weergawe uitspeel.

DIRECTIONS

Jakkals en Wolf Onbeperk
Adam Small Theatre Complex, Stellenbosch
15 Victoria St, Stellenbosch Central, Stellenbosch, 7600, South Africa
Get Directions