Appelkoosfees

Sat Dec 15, 08:30 - Sat Dec 15, 17:00

Elandsrivier Boerdery (Elandsrivier Farm)

ABOUT

Prince Alfred's Hamlet Appelkoosfees 2018

It’s almost time to join us on the farm again! The third annual 'Appelkoosfees' (Apricot Festival) is taking place on Saturday, 15 December on the picturesque Elandsrivier Farm, just outside Prince Alfred’s Hamlet.

Make it a family affair, hop onto our tractor carts and fill your baskets with fresh apricots, hand-picked in our orchards.

This year's festival once again promises to delight young and old! You'll be spoilt for choice with a spit-braai, delicious food and drink stalls, as well as local craft beer and gin. Fill your pantry for the holiday season with an array of unusual apricot delights, apricot jam, dried fruit and a variety of farm fresh fruit & vegetables. Keep the kids busy at our dedicated kids-corner, where we'll have a slippy-slide, jumping castles, yummy treats, face-paint and a touch-farm.

New this year:

  • Motor enthusiasts won't be disappointed with some of the region's finest vintage tractors on show.
  • Relive your childhood favourite 'boeresport' games, such as 'tug of war', ' the egg in spoon race' and many more.
  • 4 km family walking trail

Festival information:

Date: 15 December 2018

Time: 08:30 - 17:00

Limited tickets available to purchase at the gate

Apricot picking: R35/kg

No ATM or card facilities available.

Don’t forget:

  • Picnic chairs/ blankets
  • Swimming costumes
  • Baskets/ boxes for picked apricots
  • Cash

All funds generated will go towards the Vyeboom Daycare on Elandsrivier Farm, where children between the ages of 3 months and 18 years are given the opportunity to play, develop and flourish.

Follow Elandsrivier Boerdery on Facebook and Instagram for more information. #appelkoosfees

AFRIKAANS:

Appelkoosliefhebbers staan nader! Die derde Appelkoosfees in Prince Alfred’s Hamlet, net anderkant Ceres vind Saterdag, 15 Desember 2018, op die prentjiemooi Elandsrivier Boerdery plaas.

Besoekers kan ‘n luilekker, liplek-lekker dag verwag vol pret vir die hele gesin. Neem ‘n trekkerrit in ‘n kratwaentjie en pluk jou eie appelkose in die pragtige vrugteboorde, of trek jou stapskoene aan en gaan stap die 4km familie staproete. Diegene jonk van gees kan deelneem aan verskeie boeresport speletjies, en motorliefhebbers sal hulself kan verkyk aan ‘n versameling klassieke trekkers en motors. 

Eet- en drinkgoed sal volop wees met ‘n skaap spitbraai en varsgebakte roosterkoek, sowel as Ceres Brouerye en koffiewinkel Tremor, as uitstallers. Maak jou spens vol vir die Kersvakansie met buitengewone appelkooslekkernye, appelkooskonfyt, droëvrugte en beskuit, sowel as plaasvars groente en vrugte.

Kindervermaak sluit ‘n waterglyplank, springkasteel en gesigverf in, om van lekkernye en soetgoed nie eers te praat nie! Stadsjapies sal plaasdiertjies van naby kan beskou en voer by die feesterrein se dierekampie.

Die opbrengs uit hierdie fees gaan na die Vyeboom Dagsorg wat daagliks na 25 kinders van die Elandsrivier plaasgemeenskap, tussen die ouderdomme van 3 maande en 18 jaar, omsien.

‘n Beperkte getal kaartjies sal by die hekke verkoop word. Geen OTM of kaartfasiliteite beskikbaar nie.

Feesinligting:

Datum: 15 Desember 2018

Tyd: 08:30 - 17:00

R 40 volwassenes

R 20 senior burgers en kinders (ouer as 5 jaar)

Beperkte hoeveelheid kaartjies te koop by die hek

Plukgeld: R35kg

Geen OTM of kaartfasiliteite beskikbaar.

Wat om te onthou:

  • Piekniekstoele / komberse
  • Swemklere en sonskerm
  • Mandjies / bokse vir geplukte appelkose
  • Kontant

Om op hoogte te bly, volg Elandsrivier Boerdery op Facebook of Instagram. #appelkoosfees

DIRECTIONS

Appelkoosfees
Elandsrivier Boerdery (Elandsrivier Farm)
Unnamed Road, South Africa
Get Directions