Wille Wildebeest Rock Revival!
Sun Dec 2, 12:00 - Sun Dec 2, 20:00
Triggerfish Breweries
ABOUT
Top Afrikaanse Rockers span saam vir goeie doel
Die fondamente van Triggerfish Brouerye in Somerset West gaan behoorlik skud wanneer 8 top Afrikaanse rock kunstenaars die verhoog bestyg tydens ’n fondsinsamelingskonsert vir hul kollega en gemeenskaplike vriend, Eckard Potgieter.
Potgieter, die eienaar van Wildebeest Records wat tydens die 1990s en vroeë 2000s verantwoordelik was vir verskeie klassieke Afrikaanse rock albums, en kunstenaars soos Piet Botha, Gert Vlok Nel en Jan Blohm aan die publiek bekend gestel het, ly al vir ’n geruime tyd aan ernstige depressie, is ook onder groot finansieële druk, en is al die afgelope 2 jaar sonder vaste inkomste.
Die fondinsamelingsidee het ontstaan nadat Dirk Uys, musiekvervaardiger , feesaanbieder, sanger en jarelange vriend van Potgieter, en Janine van Zyl, eienaar van Cold Gold in Stellenbosch, koppe bymekaar gesit het om fondse in te samel vir Potgieter se mediesie onkoste en ander noodsaaklike lewensbehoeftes.
’n Spesiale promosiemaatskappy, ‘Allesgaanregkom Promosies’ is toe gestig vir die uitsluitlike doel om fondse in te samel en te konsolideer. Hierdie geleentheid word sterk ondersteun deur die eienaar van Triggerfish Brouerye, Eric van Heerden, wat in die verlede al verskeie liefdadigheidskonserte by Triggerfish ondersteun het. Sy assistent Meghan Soule en Janine van Zyl het lang ure saam met Uys gewerk om hierdie konsert moontlik te maak.
Die volgende top Afrikaanse rockers het aangebied om sonder vergoeding deel van die konsert te wees:
Anton Goosen (die Liedjieboer),
Gert Vlok Nel,
Dagga-Dirk Uys,
Jan Blohm,
Die Kaalkop Waarheid,
Akkedis,
Die Wasgoedlyn.
Potgieter gaan ook musiek van sy eie twee albums opvoer.
Klank en ligte sal voorsien word deur die plaaslike maatskappy, Sound Generation. Een van Suid Afrika se mees toonaangewende klankingenieurs, Peter Pearlson gaan sorg vir die meng en versorging van die klank, bygestaan deur Briers Coetzee.
Uys wat voorheen opgetree het as Dirk Ace, tree vir die eerste keer onder sy verhoognaam Dagga-Dirk Uys, wat hy tydens die Voëlvrybeweging dae gedra het, saam met sy orkes, Die Vryburgers.
Slegs 300 kaartjes sal vooraf beskikbaar wees teen R150 per persoon deur Quicket en R200 by die deur. CD’s, konsert t-hempde, asook n spesiale uitgawe van Potgieter se beroemde rissiesous , Stellenbrandt, gaan ook by n stalletjie te koop wees.
Daar is ook ’n veldtog gestig op indigogo.com waar die publiek geld kan skenk en tydens die konsert sal n kitaar ook rond gestuur word vir kontant donasies.
Die konsert vind plaas op die 2de Desember 2018 van 12h00 tot 20h00. Vir meer inligting kontak Triggerfish by 021 851 5861 of stuur ’n epos na [email protected].
Triggerfish is n tenvolle gelisensieërde restaurant. Geen privaat kos of drank word op die perseel toegelaat nie.
Enige donasies kan ook na die bank rekening gemaak word:
Wildebeest
1603166627
Capitec 470010
Top Afrikaans Rockers team up for good deed
Somerset West is going to be rocked out of its socks when 8 top Afrikaans rock artists and bands are going to share the stage during a benefit concert held at Triggerfish Breweries for their common friend and colleague, Eckard Potgieter.
Potgieter, the owner of Wildebeest Records, was responsible for some of the iconic Afrikaans rock albums during the 1990s and early 2000s by artists like Valiant Swart, Piet Botha, Gert Vlok Nel and Jan Blohm has been suffering from severe depression for an extended period and is also under huge financial pressure having been without a fixed income for the past two years.
The fundraising idea was born after Dirk Uys, music producer, event manager, singer and old friend of Potgieter, and Janine van Zyl of Cold Gold in Stellenbosch had a brainstorming session and came up with an idea to generate funds for Potgieter’s medical and other expenses.
A special promotion entity “Allessalregkom Productions” was formed with the exclusive goal of raising and consolidating funds. The event is fully supported by the owner of Triggerfish Brewing Company, Eric van Heerden, who has in the past supported many charity events at his venue. Eric’s assistent, Meghan Soule, Janine van Zyl and Uys have toiled many hours to make this concert possible.
The following top South African rockers have volunteered their services free of charge to participate in the concert:
Anton Goosen (die Liedjieboer),
Gert Vlok Nel,
Dagga-Dirk Uys,
Jan Blohm,
Die Kaalkop Waarheid,
Akkedis,
Die Wasgoedlyn.
Potgieter will also perform tracks from his own two albums.
Sound and lighting will be provided by the local company, Sound Generation. One of South Africa’s most recognised sound engineers, Peter Pearlson, will do the mixing and sound production, assisted by Briers Coetzee.
Uys , who has previously performed under the name Dirk Ace, will be performing under his stage name Dagga-Dirk Uys for the first time since the Voëlvry movement, in which he played an important role, together with his band, Die Vryburgers.
Only 300 tickets will be available for the event, beforehand through Quicket at R150 per person, or R200 at the door. CDs, concert t-shirts, as well as a special edition of Potgieter’s famous chilli sauce, Stellenbrandt, will be on sale at a marketing stall.
A indigogo.com campaign has also been created where the public can donate money. During the concert a guitar will be circulated for cash donations.
The concert takes place on 2 December from 12h00 to 20h00. For more information contact Triggerfish on 021 851 5861 or send an e-mail to [email protected].
Triggerfish is a licensed restaurant. No private food or drinks will be allowed on the premises.
Donations can also be made to:
Wildebeest
1603166627
Capitec 470010