Bereboksie vol Vlerke - Mike en Mavis

Sat Oct 20, 11:00 - Sat Oct 20, 15:00

De Ark Guesthouse

ABOUT

Saterdag, 20 Oktober 2018 - 11:00 - TWEE PRODUKSIES EN MIDDAGETE vir R290 pp


Kom sluit aan by Elize Cawood, Wilson Dunster en Lizanne Barnard vir ‘n oggend met uitstekende kunstenaars in twee uitstekende produksies! 

·      Mike en Mavis

Toneel: Romantiese komedie

Met Wilson Dunster en Elize Cawood

Mavis Kellerman, ? weduwee wat haarself afgesluit het vir die wêreld, behalwe vir haar e-posse met haar dogter, en haar weeklikse kerkdiens, ontvang ? uitnodiging vir die opening van ? nuwe bioskoop wat spesialiseer in klassieke rolprente. Die eienaar, Mike Lewis, is ? eksentrieke jongkêrel met ? ewige romantiese siel. Mavis besef gou dat Mike daarop uit is om haar hart te wen en bevind haarself aan die ontvangkant van ? vryery in haar herfsjare wat afspeel oor ? reeks romantiese afsprake. Wat sy egter nie weet nie, is dat sy en Mike ? geskiedenis deel wat lank voor die uitnodiging begin het. ? Romantiese komedie wat die hartsnare sal roer.


·      ‘n Bereboksie vol vlerke

Met Lizanne Barnard, Elize Cawood en Pyjama Shark 

Lidi de Waal se plat-op-die-aarde storiestukkies oor Ouma en Oom Staal se liefde en se leed soos gesien deur die oë van ‘n kind, word meesterlik vertolk deur veteraan-aktrise, Elize Cawood. Ouma is nie op haar bek geval nie en die klein dorpie se inwoners kry ‘n piece of her mind of hulle daarvoor vra of nie. Maar ook ‘n deel van haar hart en haar wonderlike wyshede.

Vervleg met toonsettings van de Waal se skrywes deur bekroonde musikant en komponis, Lizanne Barnard, in genres vanaf Boeremusiek, en Reggae tot Latin en Rock, neem Bêreboksie vol Vlerke die gehoor op ‘n ryk storiereis wat sorg vir ‘n paar trane, maar ook ‘n lag en ‘n skater.

Bereboksie vol vlerke is kos vir die siel vir die fynproewers van die Afrikaanse woord. Moenie dit misloop nie!


Tydens middagete gee THE HAIRLAB STUDIO geskenkies en vouchers. Daar is ook 'n lucky draw! Die gelukkige wenner kry 'n make-over, met grimering en 'n photo-shoot.

DIRECTIONS

Bereboksie vol Vlerke - Mike en Mavis
De Ark Guesthouse
37 Kantoor St, Lydenburg, 1120, South Africa
Get Directions