BRENTHURST BELEGGINGS SONDER GRENSE SEMINAAR: GEORGE

Wed Oct 31, 16:00 - Wed Oct 31, 18:30

Oubaai Hotel & Spa

ABOUT

Met 'n verkiesingsjaar op die horison kan beleggers nog meer markskommelinge verwag as wat in 2018 aan die orde van die dag was. 'n Verskeidenheid van faktore het tot die agteruitgang van die plaaslike ekonomie bygedra en die plaaslike aandelemark vaar glad nie waffers nie. Die kwessie van grondonteiening sonder vergoeding en veral die feit dat geen duidelike beleidsrigtings sover te bespeur is nie, dryf negatiewe marksentiment. Hoewel die President 'n plan bekend gemaak het om die ekonomie te steun, gaan dit lank neem voor sake beduidend beter word. Wat staan beleggers te doen gegewe die bestaande omstandighede en ook in die lig van wat wag voor en na die verkiesing? Magnus Heystek, Beleggingstrateeg en Direkteur van Brenthurst, Ryk van Niekerk, Redakteur van Moneyweb en 'n fondsbestuurder van Momentum sal 'n oorsig bied en hul insigte oor beleggingsvooruitsigte en beleggingskeuses uiteensit. Beleggingsreeks aangebied deur Brenthurst Wealth in samewerking met Momentum, RSG Geldsake en Rapport.

DIRECTIONS

BRENTHURST BELEGGINGS SONDER GRENSE SEMINAAR: GEORGE
Oubaai Hotel & Spa
Get Directions